Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurtwag gaan van krag tot krag

AfriForum se Voëlklip-buurtwag het Vrydag 4 Mei by die Hermanus-gholfklub ’n gholfdag aangebied.

Die doel van dié dag was om geld in te samel om toerusting vir die buurtwag te koop om dié organisasie meer doeltreffend teen die bekamping van misdaad te maak.

Sedert dié buurtwag sowat agt maande gelede op die been gebring is, het die misdaad in Voëlklip drasties afgeneem.

“Voëlklip het die laagste misdaadsyfer uit al die woon­buurte in Hermanus wat ’n aanduiding is van die effektiewe poging en toegewydheid deur die patrolleerders,” het die voorsitter van die Voëlklip-buurtwag, Theuns Coetzee, gesê.

Coetzee het die borge en die spelers by ’n geselligheid ná die gholfdag bedank.

“AfriForum is trots daarop om met die Voëlklip-buurtwag verbind te kan wees,” het Elmarie van Dalen, AfriForum takvoorsitter gesê.

Raak by die tak se aktiwiteite betrokke: SMS “Overstrand” na 45265 (R1).

Kontak Elmarie van Dalen by 079 366 1000 of elmarievandalen2014@gmail.com vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.