Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Con trap diep spore van sielkunde tot NSRI

Con Krüger het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op Afrika se mees suidelike reddingstasie 20 jaar gelede, op 23 April 1998, gestig – juis op daardie dag om dit te laat saamval met Bartolomeu Dias se geskiedkundige landing op Struisbaai op 23 April 1488 – vanjaar presies 530 jaar gelede.

Maar wat nie bekend is nie, is dat hy ’n deurslaggewende rol in die stigting van die NSRI in Suid-Afrika gespeel het.

“Ons het saam by die hotel van die Boerejood Sydney Sank op Gordonsbaai gekuier, waar ons die reëls van ons skiboot-hengelklub net daar in sy kroeg opgestel het. Dit is later as die basis vir die NSRI-regulasies, wat vandag nog geld, gebruik.”

Die NSRI op Struisbaai vier aanstaande jaar sy 21ste bestaansjaar.

“Dit is my droom om jaarliks ’n sopfees rondom die 23ste April hier op die suidpunt te laat ontstaan om Dias se aankoms hier te herdenk. Ek is reeds besig om van my aandenkings bymekaar te kry om aan die NSRI te skenk.”

Maar wie is hierdie baanbreker Con Krüger eintlik?

Wie is dié beskeie, maar briljante man wat digby twintig gepubliseerde werke agter sy naam het?

Wie is hierdie man wat met sy doktorsgraad in sielkunde sulke diep spore op vele gebiede getrap het?

Con staan Hermanus Times ’n eksklusiewe onderhoud in sy huis Dooierus op Struisbaai toe. Dit is eintlik ’n Africana-museum wat enigeen wat in geskiedenis belangstel, se mond sou laat water.

Jy kan die geskiedenis hier ruik. Hier is ’n oorspronklike Rembrand. Daar is Oom Paul se pyp.

“En sien jy hierdie kas? Dit was Oom Paul se oupa s’n en Paul en sy neef Kruppel Hans wat deur ’n muskeljaatkat vermink is, het voor hom gespeel.”

Grootworddae

Grootworddae

“Man, ek het as ’n plattelandse jongeling op Stellenbosch opgedaag. My pa het vir die Spoorweë op De Aar gewerk. Ons het maar primitief gelewe en moes dwarsleêrs onder die beddens se pote pak as dit baie gereën het. Wanneer ons klere te klein word het, het die ouer kind dit sommer na die jongeres in die ry af gegee.

“Man, ek het as ’n plattelandse jongeling op Stellenbosch opgedaag. My pa het vir die Spoorweë op De Aar gewerk. Ons het maar primitief gelewe en moes dwarsleêrs onder die beddens se pote pak as dit baie gereën het. Wanneer ons klere te klein word het, het die ouer kind dit sommer na die jongeres in die ry af gegee.

“Ten spyte hiervan het ek reeds op 12-jarige ouderdom boeke uit die sielkunde begin lees. Baie van my kennis kom uit die bekende reeks Blou Boekies,” onthou Con.

“My ma het my nooit uit die huis gejaag om buite te gaan speel nie. Ek het heeltyd in die grootmense se geselskap sit en ‘tande tel’. Dis hoe ek baie geleer het.”

Die jong Krüger het ná skool gaan studeer.

“Stellenbosch was die logiese keuse.”

Hy het sommer gou naam as debatteerder gemaak en is as rou eerstejaar tot onder­voorsitter van Stellenbosch se debatsvereniging verkies. Hy het hom ook met die kerklike dogmatiek bemoei, maar sy verbintenis met die kweekskool het ná ’n volle twee dae ten einde geloop “weens die onversoenbare houding van die kitaarslaner daar wat niks wou weet van pastorale sielkunde nie”.

“Ek het my lewe daaraan gewy om wolhaarstories uit te pluis. En dié kry jy vandag nog in al sewe die groot godsdienste van die wêreld.”

Con het sy BA- en toe sy meestersgraad in psigo-patologie behaal en is as lektor in Stellenbosch aangestel.

“Hulle het my 11 pond per maand betaal en ek kon soos ’n koning leef!”

Intussen het hy rugby gespeel en niemand anders nie as Dok Danie Craven het hom uit die onder 19-geledere nader getrek om in die voorry vir WP teen Boland te sak. Sy opponent was die formidabele en gevreesde Springboklegende Chris Koch.

“Ek wou nog in die eerste skrum ’n paar stoeikunsies teen hierdie ysterman uithaal, toe fluister Chris net vir my ‘Seuntjie, vir jou f*** ek op’. Hy het my die dag amper vermoor, maar ons het later groot maats geword.”

Die Wallis-ramp

Die Wallis-ramp

Con het hom in 1965 in Wallis bevind – by die Aberfan-ramp toe ’n berg steenkool ’n skool met katastrofiese lewensverlies begrawe het.

Con het hom in 1965 in Wallis bevind – by die Aberfan-ramp toe ’n berg steenkool ’n skool met katastrofiese lewensverlies begrawe het.

“Ek was op ’n amptelike sending na die Britse Spoorweë toe die ramp Aberfan tref. Ek het die oorlewendes met berading bygestaan. Ek huil nou nog onbeskaamd as ek aan al daardie smart dink.”

In dié tyd het hy ook die Walliesers se sang ervaar.

“Die Walliese volkslied Land of our Fathers het diep in my hart ingekruip,” vertel Con en trek terstond los met ’n paar strofes in suiwer Gallies.

Struisbaai en die NSR

Struisbaai en die NSRI

Con het in Struisbaai kom “aftree” en onthou nog die ou dae met die tjakkies soos gister.

Con het in Struisbaai kom “aftree” en onthou nog die ou dae met die tjakkies soos gister.

“Die manne het met bloedlyne visgevang.”

Wat is dit? wou HTweet.

“Dit was lank voor die dae van nylon. ’n Bloedlyn was ’n vissertou wat met osbloed deurweek is om dit langer te laat hou. Ons het naas Kalkbaai in die Kaap die oudste tjakkies in Suid-Afrika met ons eie handlyntradisie gevang.”

Onthou hy nog die ou NSRI-dae?

Jy is mos lewenslange erelid. En Stasie 30 is die suidelikste reddingstasie in Afrika. “Ja, dit het soms bloedsweet gekos om van die grond af te kom, want Big Brother Bredasdorp en die Civics het ons niks gegun nie. Fritz Payne, wat later burgemeester geword het, was darem aan ons kant. Stiaan Cloete het ons die eerste NSRI-boot geleen. Ek het nou saamgewerk met die Hamers en die Gertses van Molshoop. Die Van Zyl-seuns, wat nou nog Afrika se suidelikste kafee op L’Agulhas het, was van die min jong mans wat voltyds hier gewoon het. Die eerste mens wat ons moes red, was Jannie Malan, ’n boer van Wellington. Die Borrelgat het sy boot, ’n

12-voet-Muna met ’n Penguin-enjin, omgedop en Jannie het amper verdrink. Hy het só groot geskrik dat hy kort daarna sy plaas verkoop en Suidwes toe padgegee het waar hy ’n suksesvolle groenteboer tussen Mariental en Keetmanshoop geword het.”

12-voet-Muna met ’n Penguin-enjin, omgedop en Jannie het amper verdrink. Hy het só groot geskrik dat hy kort daarna sy plaas verkoop en Suidwes toe padgegee het waar hy ’n suksesvolle groenteboer tussen Mariental en Keetmanshoop geword het.”

Con die skrywer

Con die skrywer

Con Krüger het ’n Afrikaanse digbundel in Spanje uitgegee – een van twee.

Con Krüger het ’n Afrikaanse digbundel in Spanje uitgegee – een van twee.

Hy het ook ’n drama geskryf. – ook een van twee.

Sy jongste boek is Rub out my History, waarin hy Engeland se vergrype teen die burgerlike boerebevolking aan die kaak stel en hul wreedheid teenoor diere uitbeeld.

“Ek is nou besig met my lewensboek. Daarin sal jy meer te lese kry oor Britse wreed­hede hier. Ek noem dit Grepe uit my lewe”, verklaar hy met ’n veraf uitdrukking in die oog.

Hy kan ook skilder, hierdie deurtrapte suidpunter met sy vele talente.

Die Krüger-voorsate

Die Krüger-voorsate

Con haal ’n egte Hollandse Statebybel met die naam Krüger en die datum 1853 voorin uit.

Con haal ’n egte Hollandse Statebybel met die naam Krüger en die datum 1853 voorin uit.

“Duisende boerewonings is in die naam van Engeland afgebrand en eiendom vernietig.

“Ek vermoed ’n Engelse soldaat het hierdie Bybel uit die vlamme gered toe ’n Krüger-opstal afgebrand is, want ek het hom dekades later in België opgespoor. Paul Krüger het nêrens sonder sy Statebybel gegaan nie. Paul Krüger was ’n baie slim man en tot in sy siel toe logies. Hy het ook nooit sy Skepper met nietighede belaai nie. Terloops, as jy ’n egte Krüger is, plaas jy altyd ’n umlaut op die u. En New York se gewese hoof van verkeer was ook ’n Cornelius Francois Krüger! Daar is tot ’n Krüger-bierbrouery in Brugge en op die naambord van ’n straat in St Gallen in Switserland het die naam Krüger gepryk.”

Het ons ’n toekoms in Suid-Afrika?

“Geen mens wat al op die aarde geleef het, was ooit sonder ’n toekoms nie. Ons sal altyd ’n toekoms hier hê. Die inbors en waardestelsel van ’n leier bepaal egter altyd hoe sy volgelinge sal optree.”

– Pierre Massyn is ’n oud-joernalis en voormalige lid van die Oorlogsgrafte-kommissie van Suid-Afrika.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.