Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dís hoekom Bianca skryf

“Ek is mal oor die omgewing en die mense en dit is hoekom ek die werk doen wat ek doen.”

Só vertel Bianca Du Plessis, een van Hermanus Times se drie joernaliste wat altyd skouer aan die wiel sit as dit by haar werk kom.

Sy het ’n driejaarkursus in joernalistiek aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) studeer en haar nasionale diploma verwerf, waarna sy ’n jaar se internskap by die Cape Times voltooi het. “Ek het in my internskap baie by al die ervare joernaliste geleer – veral hoe om druk te hanteer,” verduidelik sy.

Bianca het in Worcester grootgeword en haar skoolopleiding daar voltooi, maar in skoolvakansies en naweke by familie in Hawston gekuier omdat haar pa ’n boorling van Hawston was.

“Ek het ná my studies Hawston toe getrek en in 2004 by die Overberg Venster begin werk. Daarna is ek Kaap toe om by die Daily Voice in te val. Ek en my gesin het besef ons is nie vir die stadslewe gemaak nie en het aan die begin van 2012 weer terug Hawston toe getrek.”

Bianca is die afgelope drie jaar lid van Boland Media nadat sy haar in 2016 by die Hermanus Times-span aangesluit het.

“Joernalistiek is veeleisend en nie so maklik soos mense dink nie,” sê sy. “Joernaliste moet soms berader, bemiddelaar en speurder wees. Dit is soms moeilik wanneer mense my voorkeer om oor werk te praat wanneer ek dalk eerder tyd saam met my familie wil deurbring.”

Sy is nie net goed met die sprekwoordelike pen nie, maar het ook ’n oog vir fotografie. “Ek is mal daaroor om sportfoto’s te neem – net nie krieket nie,” vertel sy met ’n lag.

Bianca vertel sy het deur haar werk al baie goeie vriende gemaak – “mense met wie ek jare later nog kontak het en met wie ek steeds ’n hegte band deel.

As joernalis ontmoet ek ook soms die interessantste mense; mense wat jou met hul lewensstories inspireer.” Lesers wat hul stories met Bianca wil deel, kan haar by 028 312 3717 bel of ’n e-pos-boodskap stuur na Bianca.DuPlessis@hermanustimes.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.