Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dood ná skok

’n Plaaslike inwoner van Bettysbaai se hart is in stukke nadat haar geliefde troeteldier aan ’n beroerte dood is toe ’n trop bobbejane by hul huis ingekom het.

Santie Pienaar en haar man het Sondag 11:00 glas in hul eetkamer hoor breek.

“My man het groot geskrik toe hy in ons leefvertrek kom, want die vertrek was vol bobbejane (omtrent 12) en oral het kos en vrugte oor die vloer gestrooi gelê. Ons hondjie Zirkie, ’n schnauzer, het in die hoek verskrik gestaan terwyl die bobbejane alles in ons yskas uitgegooi het en een van die diere se ontlasting het in die middel van die vloer gelê.

“My man het die bobbejane verwilder,” sê Santie.

Die aand ná die voorval het Zirkie, wat ouer as tien jaar is, ’n massiewe beroerte gekry.

“Die volgende oggend omstreeks 07:30 toe ek by Zirkie kom, toe lê hy met al sy bene oop en sy koppie het skuins eenkant toe gelê. Hy is onmiddellik na ’n veearts in Kleinmond geneem wat ons geskakel het met die slegte nuus dat Zirkie ’n beroerte gehad het.”

Zirkie moes uitgesit word.

“Die veearts het genoem dat die bob­be­jane moontlik die beroerte veroorsaak het.”

Santie beskryf dié hartseer as een wat net mense met ’n troeteldier kan verstaan. ’n Plaaslike kunstenaar verf tans op ’n klip wat bo op Zirkie se graf in die Pienaars se tuin gaan staan.

“Die bobbejane het nie net by ons huis ingekom nie, hulle het ook ons dierekind se dood veroorsaak,” sluit sy af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.