Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorp in rou gedompel na moord op bejaarde vrou

Inwoners van Napier het die afgelope week helderkleurige linte aan hul hekke en heinings gehang ter herinnering aan ’n bejaarde inwoner wat verlede week wreed in haar huis vermoor is.

Die 73-jarige Rosalie Reed is Donderdag 10 September helder oordag in haar huis in De Kockstraat vermoor. Sy en haar man Mike het daar gewoon.

Na wat verneem word, was hy nie tuis tydens die voorval nie. Met sy terugkeer het hy op die lewelose liggaam van sy vrou afgekom.

Volgens inligting wil dit voorkom asof Reed in haar huis oorval en vermoedelik met ’n graaf aangerand is.

Die huis se hoofingang is in De Kockstraat, oorkant die perseel van die omheinde Napier-aftreeoord.

Die perseel grens aan die agterkant aan ’n oop stuk grond wat langs die besige hoofstraat en hoofroete na Bredasdorp geleë is. Dit is ook ’n deurloop vir baie voetgangers.

Die polisie is ontbied en ’n ondersoek en soektog na verdagtes is van stapel gestuur.

Die Napier-polisie wou geen besonderhede rakende die aanval en moord beskikbaar stel nie, maar het wel bevestig dat die voorval plaasgevind het en dat twee verdagtes in hegtenis geneem is.

Die verdagtes sou na verwagting Maandag 14 September in die Bredasdorp-landdroshof verskyn.

Inwoners van die stil plattelandse dorp is erg deur die wrede moord geruk.

Talle inwoners het Saterdag 12 September as blyk van meelewing met Reed se gesin gekleurde linte aan hekke, heinings en lamppale in die hoofstraat en elders in die dorp aangebring.

Die inwoners van Huis Klippedrift-tehuis vir bejaardes, wat sedert die inperking op 26 Maart steeds nie mag uitgaan nie, het ook wit linte en bossies pers blomme aan die groot staalhekke voor die tehuis aangebring.

Die gesin het onlangs van die Wes-Rand na Botswana en daarvandaan na Napier verhuis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.