Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familie soek antwoorde

“My kind sou nooit selfdood pleeg nie. Dis nie die soort mens wat my Teene was nie.”

Só vertel Jean Poole, die ma van Teene-Rose Hofmeyer (née Poole). Die gemeenskap van Mount Pleasant is in rou gedompel nadat dié swanger inwoner en ma van drie se lewe kortgeknip is. Haar liggaam is Saterdagoggend 26 Oktober ontdek waar sy aan ’n boom by Fick se Poel gehang het.

Teene-Rose se suster, Philreanne Arendse, en ander familielede was verpletterd toe hulle op die toneel aangekom het. Volgense Arendse wou sy nie glo dat dit haar jonger suster is nie. Haar pa, Phillip Poole, was baie ontsteld en het geprewel “dis my baby girl”. Arendse sê sy was ontsteld omdat almal net rondgestaan het en dat haar suster al vir ure daar onder was.

Volgens Jean Poole het haar dogter en ’n man, wat glo naby aan haar is, die huis Vrydag omstreeks 20:00 verlaat. Hulle is daarna by ’n kuierplek in die dorp gesien en daarna is hulle weer by ’n vulstasie in die omgewing van Fick se Poel opgemerk. Poole vertel dat die man omstreeks 01:00 alleen by die huis opgedaag het. “Ek het dit snaaks gevind dat Teene-Rose nie saam met hom was nie. Ek het hom gevra hoe hy nie kan weet waar sy is nie.”

Poole sê die man het haar vertel dat hulle naby Fick se Poel gestap het en toe hy weer omkyk was sy net weg.

Die familie vermoed dat Teene-Rose vermoor is omdat die omstandighede rakende haar dood nie vir hule sin maak nie.

Volgens kaptein Fadila September, woordvoerder van Hermanus-polisie, is Teene-Rose met ’n trui om haar nek gevind. “Daar word in hierdie stadium geen misdaad vermoed nie en ’n geregtelike nadoodse ondersoek is ingestel.”

Poole glo dat dit onmoontlik is dat Teene-Rose haarself met ’n dun trui kon hang aangesien sy lank en swaar was. Poole verduidelik dat die familie self gaan ondersoek instel het en opgemerk het dat die afstand van die tak tot by die grond korter is as Teene-Rose se lengte. “Dít is een van die redes waarom dit onmoontlik was dat sy haarself kon hang. Die takke is ook dun en daar is geen tekens dat dit gebreek is nie. Dit maak nie sin nie.”

Die nuus van Teene-Rose se dood het soos ’n veldbrand deur die gemeenskap van Mount Pleasant versprei. Baie het hul meegevoel op sosiale media gedeel en een vrou het gesê dat sy weier om te glo dat dit Teene-Rose is.

’n Man is Saterdag vir onder­vraging deur die polisie ingeneem, maar nie in hegtenis geneem nie.

Die begrafnis vind Saterdag 2 November 09:00 by Gous-blomstraat 272, Mount Pleasant, plaas en die diens begin 10:00 by Laerskool Mount Pleasant.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.