Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Flink vroue wys hul kreatiwiteit

’n Groep vlytige vroue van Mount Pleasant kom elke Dinsdag en Vrydag van 14:00 tot 16:00 by Florrie Cupido van die Community Gospel Outreach-gemeente se huis in Mount Pleasant bymekaar.

Hulle kuier dan gesellig om tafels wat in die skadu van die groot boom voor Florrie se huis opgeslaan is terwyl hulle rustig naaldwerk doen en brei.

Alles word met die hand gedoen – elke lappie word met naald en gare vasgeryg terwyl die vroue wat brei, se breinaalde ritmies klik.

Tot dusver het die naaldwerksters pennetjie-sakke wat jy soos ’n voorskoot om jou middel vasmaak, en pragtige kussingslope gemaak. Die ander vroue het al verskeie wolmusse sowel as serpe en ’n kleurvolle klein kombers gebrei.

Die mussies en serpe, sê Cupido, sal hulle later in die jaar aan behoeftige kinders by Mount Pleasant Primêr skenk.

“Ons wil ook mooi poppies van klein plastiekbottels maak wat ons vul en dan met lap en krale versier. Die poppe kan die mense dan as doorstops gebruik,” sê Cupido.

Terwyl die vroue rustig sit en werk, is twee mans eenkant in die hoek metaalstaanders aan die blink verf. Volgens Cupido is dié twee – Humphrey Sedgewick en Riaan Steneveldt – die handymen wat als regmaak en skoonhou. Die twee nutsmanne droom daarvan om ’n sweismasjien, metaal-stawe, blink metaalverf en ander benodigdhede vir sweiswerk te kry sodat hulle hul eie metaalwerk kan begin doen. “Mense kan ons ook huur om verfwerk te doen,” nooi die mans.

Cupido vertel dat die twee mans en die groep vroue deel is van ’n bemagtigingsprojek wat sy op die been gebring het. Die doel van die projek is om deelnemers kans te gee om hul talente te gebruik om geld te verdien.

“Ons beoog om later, sodra ons genoeg artikels gemaak het, ’n uitstalling te hou sodat mense dit kan koop. Elke vrou sal dan die helfte van die wins kry,” verduidelik Cupido.

Enigeen wat die groep kan help met benodigdhede soos naalde, gare, knope, lap of ’n naaimasjien, wol en breipenne of die benodigdhede vir die sweisprojek, kan Cupido by 076 189 0811 kontak. “As mense vir die vroue selfs ligte eetgoed wil skenk, sal dit ook waardeer word,” sê Cupido.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.