Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geen begrafnis vir Ossie

’n Bekende visserman van Hawston wat onlangs gesterf het, se gesin het op ’n private verassingsdiens besluit in die lig van die verbod op byeen­komste van 100 of meer mense na aanleiding van die uitbreking van die korona­virus-pandemie.

Thelma Arendse verduidelik die familie het besluit om liewer ’n private verassingsdiens vir haar man, Oswald “Ossie” Arendse, te hou wat slegs deur nabye familielede bygewoon sal word.

Ossie is Vrydag 13 Maart op 50-jarige ouderdom dood ná ’n kort stryd met longkanker. “Hy het sy lewe voluit gelewe. Hy het Desember nog gaan kamp, visgevang en gedoen waarvoor hy lief is,” vertel Thelma.

Ossie het ná die diagnose in Februarie drie dae in die Worcester-hospitaal deurgebring en is daarna by die huis versorg totdat hy vir ’n kort tydjie in die Tygerberg-hospitaal opgeneem is. Hy is verlede Donderdag ontslaan en is die volgende dag oorlede.

“Sy graad 1-onderwyser, Sandra Maree, het hom tot aan die einde versorg. Sy het op ’n matrassie in ons kamer geslaap en ons hele huishouding oorgeneem sodat ek so veel as moontlik tyd saam met Ossie kon deurbring. Hy het met sy kop op haar bors gelê toe hy sy laaste asem uitgeblaas het,” sê Thelma.

“Ons familie kan haar nie genoeg bedank vir alles wat sy tot aan die einde vir Ossie en vir ons gedoen het nie.”

Sy vertel Ossie, soos almal hom genoem het, het ’n baie groot hart gehad en haar suster, wat drie jaar gelede oorlede is, se drie kinders, haar ma en haar susterskind ingeneem en vir hulle gesorg

“Ons het na aanleiding van die koronavirus besluit om liewer ’n private verassingsdiens te hou waar net ons gesin, sy broers en susters en hul kinders en my familie sal wees.

“Ons beoog om later ’n spesiale diens te hou sodat sy uitgebreide vriendekring ook kan afskeid neem. Ons sal dan die helfte van sy as oor die see en die ander helfte oor die vlei strooi soos sy wens was,” het Thelma bygevoeg.

Ossie laat sy vrou, hul seun Dillon, sy ma, vier broers en twee susters agter.. Lincoln Johnson, direkteur van El Al-begrafnisdienste, sê hoewel begrafnisondernemers kliënte kan inlig oor die riglyne vir openbare byeenkomste soos begrafnisse, is hulle nie by magte om dit af te dwing nie.

“Ons kan kliënte inlig oor die verbod op byeenkomste met 100 of meer mense en hulle vra om by die reëls te hou, maar dis slegs die owerhede wat dit kan afdwing,” het hy verduidelik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.