Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geen keer aan Walvisfees

Die Walvisfees sal voortgaan.

Ten spyte van dreigemente teen die fees, sal die Hermanus Walvisfees nie vanjaar gekanselleer word nie.

Dié fees is met die onluste in Maart en Julie op sosiale media gedreig en in een dreigement is daar gesê die Walvisfees sal nie voortgaan indien Gcobani Ndzongana van Zwelihle Renewal vrygelaat word nie (“Feeste in weegskaal”, Hermanus Times, 19 Julie 2018).

Jeanette du Toit, voorsitter van die Hermanus Walvisfees, het Dinsdag met ’n mandaat van die feeskomitee – oor of die fees sal voortgaan of nie – met die Overstrand-burgemeester, Dudley Coetzee, vergader.

“Die burgemeester het gesê hy sal die minister van polisie, Bheki Cele, versoek om ekstra polisie tydens die Walvisfees in Hermanus te ontplooi.

“Die Walvisfees moet voortgaan. Dit bring ongeveer R55 miljoen vir Hermanus in en word internasionaal bemark.”

Du Toit sê dit sal veral nou, ná die onluste wat gelei het tot finansiële verliese, nie net vir sakeondernemings nie, maar ook vir die dorp ’n broodnodige ekonomiese hupstoot wees.

Die Hermanus Walvisfees het volgens du Toit vir die afgelope 26 jaar geen veiligheidsprobleme gehad nie.

ADT Bidvest sal weereens R60 000 bestee om die stalletjies veilig te hou en sorg dat sekerheidswagte vir 24 uur sekuriteit op die feesterrein sorg.

“Hermanus het seergekry.

“Toerisme het seergekry. Ons moet Hermanus as toeristebestemming nou weer opbou.”

Du Toit sê die identiteit en fokus van die Walvisfees is en bly mariene ekologie. Sy sê daar sal reëls opgestel word wat verband hou met die aansoeke vir stalletjies asook ’n etiese kode wat streng toegepas sal word en geen rassisme sal geduld word nie.

Du Toit nooi plaaslike skole om sierwaens te bou wat aan die parade kan deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.