SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap byeen

“Ware mans vermoor en verkrag nie vroue nie.”

Met dié woorde het raadslid Ronald Nutt Sondag die optog vir geregtigheid vir Teene-Rose Hofmeyer begin.

Nutt het bygevoeg: “Ek sê namens alle mans jammer vir dit wat ons aan ons vroue en kinders doen”.

Nutt en raadslid Christine May was deel van ’n groot groep vroue, mans en kinders wat Sondag, op die vooraand van die jaarlikse veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, aan ’n optog deelgeneem het om bewusma­king oor dié onderwerp te skep.

Dié optog is deur die familie van Teen-Rose Hofmeyer gereël, ’n jong vrou wie se lyk 26 Okto­ber by Fick se Poel gevind is.

Talle deelnemers het swart T-hemde met die woorde, #justice for Teene-Rose, in pienk daarop gedra. Die deelnemers het ook plakkate gedra met die woorde “Enough is Enough”, “Stop all violence” en “Stop killing our women”. Talle het kleurryke plakkate met foto’s van Teene-Rose en boodskappe teen geslagsgeweld gedra.

Teene-Rose se oudste seun, Tauriq Poole, het ’n plakkaat omhoog gehou met die treffende woorde: “The kids see it, the kids hear it, the kids feel it. Domestic abuse is child abuse”.

By Fick se Poel is ’n kort diens gehou voordat mense blomme kon lê by die plek waar Teene-Rose se lyk ontdek is.

May het uitgewys dat daar nie net 16 dae van die jaar bewusmaking oor geweld teen vroue en kinders geskep moet word nie en het gesê: “Ons moet 365 dae van die jaar waaksaam wees en mekaar ondersteun”. Sy het ook versoek dat die polisie alles in hul vermoë moet doen om slagoffers van misdaad by te staan en toe te sien dat geregtig­heid geskied. Overstrand se onderburgemeester, Elnora Gillion, het ook die gemeenskap gemaan om hul stem dik te maak teen euwels wat die gemeenskap teister.

Volgens die polisie het Teene-Rose selfdood gepleeg, maar haar familie glo dat sy vermoor is.

Philreanne Arendse sê die familie is nie oortuig daarvan dat haar suster haar eie lewe sou neem nie. Daarvoor sê sy is daar net te veel dinge rakende haar suster se dood wat nie sin maak nie, soos die feit dat die man wat laaste saam met Teene-Rose gesien is, ná die gru-vonds verdwyn het.

Philreanne beoog om binnekort ’n skuiling vir die slagoffers van gesinsgeweld te open. “Hier is nêrens waar vroue wat mishandel is, skuiling kan soek totdat hulle weer op hul voete kan kom nie. Ek wil die sentrum open en dit Mont Rose noem, ter ere van Teene-Rose,” het sy bygevoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.