Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Getroud ná 18 jaar!

’n Vrou wat voorheen haweloos was, het soos ’n feëprinses gelyk toe sy verlede week na die kansel gesweef het om met haar lewensmaat van die afgelope 18 jaar te trou.

Nes Aspoestertjie het Jackie Brikkels ’n algehele gedaanteverwisseling ondergaan vir haar troue met haar “Prince Charming”.

Jackie het met die hulp van haar werkgewer en vriende in minder as twee weke ’n klein intieme troue by Refill Coffee and Gifts gereël. Almal het iets bygedra om die paartjie se dag ekstra spesiaal te maak.

Riana en Elrize Venter en Marna le Roux van Le Fantastique Hair Studio het toegesien dat hul kollega se hare, naels en grimering foutloos is en Madelein Wilkinson van die Prinses-projek het Jackie se rok en juwele voorsien. Riana en haar buurvrou Edna-May van Zyl het die kersie op die koek voorsien deur ’n pragtige troukoek te bak en te versier.

Mercia Smith en haar personeel by Refill Coffee and Gifts het die klein koffiewinkel met blomme en chiffon in ’n intieme trouvenue omgeskep.

“Almal het ingespring en selfs eetgoed bygedra om die dag vir hulle spesiaal te maak, want hulle wou sommer in die hof trou,” het Riana vertel.

Jackie het gesê haar droom is bewaarheid. “Met mense soos dit en ’n man soos Warren in my lewe – wat meer kan ’n vrou vra?” het sy die dag ná haar sprokiestroue gesê.

Volgens Jackie was sy heel verbaas toe sy die kort entjie van die salon na Refill moes stap.

“Ek het nie geweet die mense gaan buite wag om my te sien nie,” het sy geglimlag. “Toe ek instap was ek oorweldig, maar toe ek Warren voor by die pastoor sien, was ek fine. Dit was ’n dream come true; ek het nooit gedink die dag sal kom dat ek so ’n mooi troue het nie,” het die pasgetroude bruid gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.