Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Goeie diens is haar doel

“Om kontak met my kliënte te maak, maak my dag. Om ’n tevrede kliënt te sien, is heerlik!”

Só beskryf Monica Hayes die gedeelte van haar werk wat sy die meeste geniet.

Monica is een van Hermanus Times se advertensieverteen­woordigers en werk sedert 2017 by Boland Media. “Die aanstel­ling daardie jaar was soos manna uit die hemel,” verdui­delik sy.

Monica vertel om maande­likse doelwitte te bereik, is die grootste uitdaging van haar werk. “Elke kliënt se situasie is uniek, veral in die huidige finansiële klimaat. My strewe is om elke kliënt se situasie so goed as moontlik te verstaan en dan diens aan die kliënt te lewer om sodoende vir hulle die beste moontlike blootstel­ling in ons gemeenskaps­koerante en ander publikasies se verspreidingsgebiede te gee.”

Voordat Monica by Hermanus Times aangesluit het, was sy 10 jaar ’n grafiese ontwer­per by Gansbaai Courant.

Monica is ’n trotse Bosvark en vertel dat sy haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Worcester voltooi het, nou bekend as Worcester Gimnasium. Sy het ook die geleentheid gehad om by die destydse Volkskas Bank, Caltex Oil, Southern Life, Everite, Abakor en Absa Trust te werk. “In Mei 1998 het ek teruggetrek na die Wes-Kaap nadat ek ’n oorplasing van Absa Trust gekry het. Die lewenstandaard in die stad is baie hoog en ek het besluit om Gansbaai toe te verhuis om my dogter, Michelle, ‘platte­lands’ groot te maak.”

Die Overstrand en sy mense lê na aan Monica se hart.

Sy onthou hoe sy saam met haar suster, pa, Willie, en ma, Koekie Meyer, by Uilenkraals­mond met die woonwa vakan­sie gaan hou het.

Monica glo daaraan dat elke dag ’n dag is met nuwe uitdagings: “Aan gister kan jy niks verander nie – net treetjie vir treetjie met jou oë boontoe gerig en die beste uit vandag te haal.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.