Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groep maak maandeliks strand skoon

Plaaslike stapper en natuurliefhebber, Antonio da Silva-Swart, en ’n span van 14 vrywilligers het Saterdag die strand tussen Hawston en Vermont skoongemaak en 17 sakke vol vullis opgetel.

Da Silva-Swart het reeds in 2016 tydens ’n staptog by Danger Point buite Gansbaai tot die besef gekom dat die kusstrook besaai lê met rommel en dat dit “eenvoudig te skokkend is” om te ignoreer.

Da Silva-Swart het toe in Junie 2016 besluit om al die pad vanaf Gordonsbaai tot by Agulhas, sowat 224 km, kuslangs te loop om areas te identifiseer waar die meeste rommel voorkom.

Sedertdien is Da Silva-Swart, saam met sowat 20 vrywilligers wat dieselfde belange op die hart dra, besig met maandelikse skoonmaaksessies langs die kus.

Whale Coast Conservation (WCC) ondersteun ook hierdie projek ten volle en het selfs vir Antonio as die amptelike “sheriff” van Walkerbaai se kus aangestel.

Hulle borg vullissakke en handskoene. Kim Maclean, eienaar van Sharklady Adventures, het ook haar volle steun aangebied en borg ’n tweerigtingradio en ’n sonkrag batterypak vir sy selfoon.

Intussen het die winkelgroep Checkers van Da Silva-Swart se skoonmaaksessies gehoor en het Saterdag vir die groep vrywilligers T-hemde en hoedjies geborg.

Checkers Hermanus verskaf hulle ook van nou af met kos (soos boereworsrolletjies en slaai) vir almal om te geniet na afloop van elke strand-skoonmaaksessie.

Da Silva-Swart sê die area waar hul Saterdag skoongemaak het, op die rotse tot by Hawston hawe, is nog nooit deur enigeen skoongemaak nie.

“Oor die jare heen word klein mikro plastiekstukkies uit die see gespoel. Meeste goed wat ons opgetel het is koeldrankbotteldoppies, stukke tou, plastiekbottels, strooitjies en vuuraanstekers. Ons neem aan, omdat Hawston baie perlemoensmokkelary het, het ons ook baie kondome opgetel. Die smokkelaars gebruik gewoonlik kondome om hul selfone in te sit om dit droog te hou.”

Da Silva-Swart sê hy is altyd op soek na nog vrywilligers om saam te stap en te help met die skoonmaak.

Mense wat belangstel, kan sy Facebook-groep: Coastal Cleanup Conservation, volg.

  • Die skoonmaaksessies word die eerste Saterdag van elke maand gehou. Die volgende een sal gehou word Saterdag 3 Junie, moontlik in die area vanaf die Nuwe Hawe tot by Sandbaai.

Vir meer inligting, kontak Da Silva-Swart op 072 462 4271.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.