Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hawston se afdeling vir palliatiewe dienste heropen

Die afdeling vir palliatiewe dienste van die Hawston­ se gesondheid- en welsynsafdeling is Vrydag 27 September amptelik heropen.

Die eenheid se diens is twee jaar gelede gestaak nadat tweespalt in die vorige bestuur tot probleme met die bestuur van dié organisasie gelei het.

Eerw. Franklin Davids, wat op die nuwe komitee van die Hawston se gesondheid- en welsynsafdeling dien, het by die opening van die eenheid gesê dat ’n mens se vorige fout die grootste leermeester is. “Jy moet uit die fout leer en die fout self moet in die verlede bly.” Hy sê die komitee het opleiding ondergaan en het aan die sakeplan gewoeker totdat dit foutloos was.

“Ons glo die palliatiewe dienste is vir Hawston noodsaaklik.”

Die eenheid het 15 beddens, waarvan vier beddens gesubsidieer is.

Davids sê pasiënte van die Hermanus-hospitaal wat nie meer in die hospitaal kan bly nie, maar ook nie gesond genoeg is om huis toe te gaan nie, word na dié eenheid verwys.

Baie van dié pasiënte se gesinne kan ook nie voltyds na hulle omsien nie omdat hulle werk.

“Hiér kyk ons na alle fasette van nasorg, soos byvoorbeeld mense wat ná ’n hartaanval of beroerte herstel.”

Davids is dankbaar teenoor al die rolspelers wat die opening bygewoon het en het klem gelê op die noodsaaklikheid om sterk netwerke te bou.

Die Hawston se gesondheid- en welsynsafdeling het sy bande met die Anglikaanse kerk (waar dié organisasie in 2002 begin is) hernu.

“Ons wil graag saam met die Hermanus-hospies aan dienste vir mense met kanker werk.”

Davids sê ’n dokter, fisioterapeut en ander gesondheidsdienste sal weer op ’n gereelde grondslag aangebied word.

Die werk met mense wat aan dwelms en drank verslaaf is, duur ook steeds voort en ’n nuwe voedingskema vir 68 mense is onlangs van stapel gestuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.