Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Help ons só, asseblief!

Die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) het dringend die publiek se hulp nodig om 17 groot honde, 19 babahondjies, sewe katte, waarvan twee dragtig is, en drie klein katjies se kosbakke vol te hou.

Nols Jonas van BARC in Gansbaai sê dié dierebeskermingsvereniging het kosvoorraad vir nog net een week oor tensy hulle binnekort skenkings van die publiek kry. “Ons kry al hoe meer diere in, want baie mense kan nie meer bekostig om hul diere te versorg nie,” vertel Jonas.

“Die inperking het veroorsaak dat baie mense sonder inkomste sit of kleiner salarisse kry, dus kan hulle nie meer finansieel bydra nie. Ons kan ook, weens Covid-regulasies, nie meer ‘blikkie skud’ nie. Ons het twee maande gelede enige kosskenkings gekry,” vertel Jonas.

Volgens Jonas was hy ’n maand gelede genoodsaak om vier honde na Gordonsbaai se dierebeskermings-vereniging te vat. “Daar staan hulle ’n groter kans om aangeneem te word,” verduidelik hy. Aannemings is tans een van BARC se enigste bronne van inkomste. “Ons het ook ’n kontrak met die munisipaliteit vir die skut van rondloperdiere. Dit is ’n druppel in die emmer as jy kyk na die veeartsrekening, petroluitgawes en salarisse wat ons moet betaal. Ons uitgawes is op die oomblik byna dubbel ons inkomste,” sê Jonas.

BARC hoop lede van die publiek sal hul harte en huise oopmaak en diere aanneem. . BARC beplan ook ’n gholfdag vir 28 November. Enigeen wat ’n putjie teen R1 000 of enige pryse wil borg, kan Annalie Jonker by 082 826 0631 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.