Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hermanus-onkologie bederf sy pasiënte

Hermanus-onkologie het op 8 Februarie ’n geleentheid gehou om sy praktyk se pasiënte te bederf.

Dié geleentheid is in die Sandbaai-saal gehou. Die tema was “groen” en die praktyk het elke aspek van groen in sy tema gebruik – van die 200 spekboomsteggies wat die praktyk uitgedeel het vir die pasiënte tot die bio-afbreekbare servette. Daar was ook ’n gelukstrekking waar 10 pryse oorhandig is.

Hermanus-onkologie bied die volgende dienste aan: chemoterapie, radioterapie, immuno-terapie en bragiterapie. Die praktyk het ook ’n tussentydse huis beskikbaar gestel vir pasiënte wat van ver af moet kom en gereeld radioterapie moet ontvang.

Nie net het Hermanus-onkologie sy pasiënte bederf nie, maar hy het ook by dié geleentheid sy derde verjaardag gevier.

Die geselligheid is beskryf as ’n inspirerende oggend en die opkomende operaster Luvo Maranti van Zwelihle het die gaste vermaak.

Dr. Marli Groenewald en Anneline Hugo het ook die gaste vermaak met mooi musiek.

Die kos is beskryf as uit die boonste rakke. Die geselligheid is ’n jaarlikse hoogtepunt vir Hermanus-onkologie.

Amorié Bloemarts van Hermanus-onkologie sê dis lekker om terug te gee vir die gemeenskap.

“Dis ons doel by Hermanus-onkologie om die pasiënte te laat met ’n gevoel van hoop aan die einde van die geleentheid.

“Ek wil almal bedank vir hul ondersteuning gedurende die dag en elkeen wat gehelp het om dié dag so spesiaal te maak,” sê Bloemarts.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.