Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
In hof vir perlemoen

Die twee mans wat verlede week in hegtenis geneem is nadat R3,9 miljoen se nat en droë perlemoen in ’n onwettige verwerkingsaanleg ontdek is, het verlede week vlugtig in die hof verskyn.

Die vonds is in ’n meenthuis-kompleks in Proteapark in Sandbaai gemaak.

Die Valke en beamptes van die departement van seevisserye se spesiale ondersoekeenheid het op 6 Augustus op die verdagtes, Zhengiang Wu (32) en David Jonas (20), se onwettige aanleg toegeslaan.

Die klopjag het plaasgevind nadat iemand vermoedelik plaaslike wetstoepassers in kennis gestel het dat hulle die stank van perlemoen waargeneem het.

Mense kon dit glo van ver af ruik.

Daar was groot plastiekbakke vol vars perlemoen in die huis, sowel as skale, ’n reusepot en ander toerusting wat gebruik word om droë en nat perlemoen te verwerk.

Wu en Jonas het elke vertrek in die meenthuis, behalwe die hoofslaapkamer en kombuis, vir die onwettige werksaamhede gebruik.

’n Onnet Wu het baie ontsteld gelyk toe hy verlede week by die Hermanus-landdroshof voor landdros Jeremy Maarman moes verskyn, terwyl sy medebeskuldigde, Jonas, rustiger gelyk het.

Wu se hare was deurmekaar en hy het onbeïndruk gelyk toe die saak uitgestel is.

’n Chinese tolk is vir Wu ingeroep terwyl Jonas ook vlugtig met behulp van ’n tolk van sy eie gepraat het.

Die twee het gister (14 Augustus) weer vlugtig verskyn, waarna die saak weer tot 22 Augustus uitgestel is omdat die twee tolke besig was in ’n ander saak.

Wu het met sy tweede verskyning aansienlik netjieser gelyk as die vorige keer.

Die beskuldigdes bly in aanhouding totdat hulle vir hul borgtogaansoek kan voorkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.