Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners gaan nie dié besoek maklik vergeet nie

Akteurs van die nuwe fliek Vergeet my nie het onlangs Hermanus besoek om dié fliek te bemark.

Sean-Marco Vorster, wat die rol van Hugo Derks vertolk, en Marguerite van Eeden, wat Mardaleen Coetzer speel, was 18 Desember by die Ou Hawe om mense meer van die nuwe fliek te vertel.

Die lokprent vir Vergeet my nie, die nuutste film van The Film Factory in samewerking met Huisgenoot en kykNET Films, kan van vandeesweek af aanlyn en in rolprentteaters gesien word. Die fliek sal landwyd van 14 Februarie in rolprentteaters te sien wees en word deur Filmfinity (Edms) Bpk. uitgereik.

Mardaleen (Marguerite van Eeden), ’n gekultiveerde student vasgekeer in die klein dorpie Potchefstroom, smag na die liggies en kultuur van Londen. Ná die aaklige verbrokkeling van haar verhouding pak sy haar tasse en vertrek saam met haar beste vriendin, Lara (Kenley Swart), na haar droomstad.

Hulle bly in Huis Konettie saam met vyf ander Suid-Afrikaners wat in Londen werk. ’n Onverwagse romanse ontstaan tussen Mardaleen en haar Namibies gebore huismaat, Hugo (Sean-Marco Vorster). Dit voel te goed om waar te wees en die oomblik wanneer dinge te ernstig raak en nie heeltemal verloop soos sy beplan nie, laat sy haar onsekerhede en vrese in haar verhouding oorspoel. Sy hardloop weg en gaan huis toe.

Hul romanse vlam weer op wanneer hulle twee jaar later ontmoet, gevolg deur ’n uitnodiging van Hugo aan Mardaleen om vir hom in Namibië te gaan kuier. Haar naweek in Namibië ontaard in ’n nagmerrie. Afgesien hiervan vra Hugo haar om te bly en om ’n nuwe lewe saam te bou, maar sy het ander planne en is hardkoppig.

Mardaleen wil kultuur, die stad en liggies hê – die plaas is nie ’n plek vir ’n meisie soos sy nie.

Met regie deur André Velts en Marius de Nysschen as kinematograaf, sluit die rolverdeling onder andere in Marguerite van Eeden, Sean-Marco Vorster, Kenley Swart, Amalia Uys, Pietie Beyers, Elani Dekker, Rick Strauss, Leché Joubert, Fiona Ramsey, Arno Greeff en meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.