SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
John ‘Oom John’ Dalhouzie maak ‘kwantum’-skuif

John Dalhouzie is 3 September 1942 in Goodwood as John William Dalhouzie gebore. Hy het meeste van sy kinderdae in Goodwood deurgebring, waarna sy ouers later na Parow verhuis het waar hy aan die Hoërskool Tygerberg matrikuleer het.

Hy het sy loopbaan in die spoorweë begin, maar die grootste gedeelte van sy lewe in die bankwese (Trust Bank) gewerk.

John is 3 Junie 1967 met Anita getroud en uit hierdie huwelik is twee kinders, Wouter en Landi, gebore.

Die gesin het in 1998 na Hermanus verhuis en die duikklopper-onderneming Quantum Coachworks gestig. Quantum is aanvanklik deur John, sy seun en ’n vennoot bedryf. John was baie geliefd onder sy personeel. Oud en jonk het hom altyd as “Oom John” aangespreek ten spyte van die feit dat sommige van die ouer garde heelwat ouer as hy was.

John het ’n sagte hart gehad en altyd ’n helpende hand na kleuterskole in die omgewing uitgesteek deur tafels en stoele te verf. Hy het dikwels die ouer mense – wat so elke dan en wan ’n glipsie gehad het wanneer hulle per ongeluk hul motor gestamp het as hulle hul voertuig in die motorhuis parkeer – probeer help. En hy het die polisie áltyd ondersteun.

John en Anita het hulle in die Hemel-en-Aarde Vallei gevestig waar hulle tot Junie 2016 gewoon het. Hulle het terug Kaap toe getrek toe John begin siek word het.

’n Hoogtepunt vir John was om elke Sondag vir sy tradisionele latté en snykoek by Savannah, toe Celia en Ryno nog die eienaars was, en later die Burgundy, dorp toe te gaan.

Dié barmhartige Samaritaan is op 23 Oktober 2018 oorlede.

Selfs nadat John en Anita hulle weer in die Kaap gevestig het, het John Hermanus steeds as sy tuiste beskou en sy laaste wens is dat sy as daar gestrooi moet word.

Q 3 September 1942 - 23 Oktober 2018

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.