Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kadette maak stem dik oor vullis

’n Optog teen vullis is die afgelope Saterdag in Hawston gehou.

Die Hawston Kadette, onder leiding van Noël Dreyer, het die strate met plakkate met die woorde “Wees trots op Hawston” en “Hou Hawston skoon” ingevaar om inwoners te maan om nie vullis te strooi nie.

Die optog is deur die Paddavlei-ekogroep (PEG) in samewerking met die Overstrand-munisipaliteit se omgewing-span gereël.

Florrie Carolissen, die voorsitter van die PEG, sê die betoging het ’n groot uitwerking op die gemeenskap gehad. “Dit was belangrik dat inwoners van Hawston sien wat hul rommelstrooiery aan die Paddavlei-vleilande en Hawston doen,” sê sy.

Die Hawston Kadette het ná ’n lang dag se stap lafenisse by Beach Road Kafee geniet.

“Ek wil die Overstrand-munisipaliteit, die polisie, brandweer, verkeer en almal wat aan die optog deelgeneem het, bedank. Dit was lekker om al die plakkate in die gemeenskap en elke gesig agter elke plakkaat te sien. Ek weet die optog het ’n verskil aan ons gemeenskap in Hawston gemaak,” sluit Carolissen af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.