Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kevin kom sy stem dik maak

Kuier, kook, sing en lag . . . . hierdie is alles so deel van elke vrou en bestaan.

Kom deel ’n oggend van al vier dié dinge, maar met ’n tikkie nostalgie en romantiek. Bederf jouself met die diep klanke van Suid-Afrika se eie Pavarotti.

Kevin Leo gaan nie net betower met sy talent en liefde vir musiek nie, maar ook met sy passie vir kosmaak deur ’n kosdemonstrasie te doen.

Kevin is bekend vir sy gemaklike, eerlike en natuurlike manier van optree. Hy neem sy gehoor op ’n musikale reis met ’n groot verskeiden­heid liedjies wat uit ou gunstelinge bestaan. Elvis Presley, Gé Korsten, Bing Crosby, Frank Sinatra is almal bekende goue oues waar Kevin sy musiek­samestelling vandaan kry. Met sy sin vir humor kan hy jou die een oomblik laat skaterlag, net om met die volgende lied jou hartsnare te laat roer.

Vergeet van die doenlysies, verantwoordelikhede, pretensies en kom wees net jouself. Die Hemel-en-Aarde Brewery is opgewonde om die vroue Vrydag 9 Augustus met ope arms te verwelkom in styl, maar met gemak.• Die Kalfiefees vind van 9 tot 11 Augustus plaas. Programme is beskikbaar by winkelsentrums of op die Facebook-blad van die Kalfiefees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.