Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kleinmond-moord: Verdagte lê bekentenis af

Een van die verdagtes wat aangekeer is in verband met die koelbloedige moord van ’n man van Pretoria, het volgens berigte Donderdag ’n bekentenis afgelê.

Die 29-jarige verdagte is Woensdag 30 Januarie omstreeks 17:45 by sy huis in die Strand aangekeer in verband met die moord vroeër die dag in Kusweg, Kleinmond.

Adjudant-offisier Martin Mostert, woordvoerder vir Kleinmond-polisie, berig dat twee rowers vroeg die oggend toegang tot die vakansiehuis verkry het deur ’n venster te breek.

“Die slagoffer het met die inbrekers gestoei en hy is met ’n skerp voorwerp gesteek. Sy vrou is nie in die voorval beseer nie,” het Mostert gesê.

Die erg beseerde man, wat as Pieter Minnie geïdentifiseer is, is per ambulans na ’n hospitaal vervoer maar het kort daarna aan sy wonde beswyk.

Minnie en sy vrou het volgens berigte twee dae voor die voorval by hul vakansiehuis in die kusdorp aangekom. Dit is onbekend wat in die rooftog uit hul huis gesteel is.

Briljante speurwerk het daartoe gelei dat die eerste verdagte (28) omstreeks 09:30 by sy huis in Proteadorp, Kleinmond, vasgetrek is.

Die tweede verdagte (29) is ure later by sy huis in die Strand in hegtenis geneem.

“Die 29-jarige verdagte het Donderdag in die Caledon-landdroshof verskyn om ’n bekentenis af te lê,” het Mostert gesê.

Die 28-jarige het Vrydag op aanklagte van moord en huisroof in die hof verskyn. Die verdagtes het Maandag in die hof verskyn. Die saak is uitgestel tot Dinsdag 12 Februarie vir ’n borgtog­aansoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.