Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kranslegging vir vissers gehou

’n Spesiale roudiens en kranslegging is Sondag vir drie vissers van Hawston ter see gehou wat 17 Mei op see vermis geraak het.

Meer as 200 mense het die oggend in die Acts Mission-kerk in Hawston byeengekom vir die troosdiens waar verskeie geestelike leiers saam met die gemeente gebid het dat die lyke van Colin Matinka (48), Wilbur Manual (33) en Ronvill Booysen (27) gevind sal word sodat hul geliefdes afsluiting kan kry.

Die drie vissermanne het twee weke gelede tussen Hawston en Kleinmond op see vermis geraak. Die boot waarin hulle gevaar het sowel as ander toerusting en van die mans se persoonlike besittings is teruggevind. Ten spyte van uitgebreide soektogte is daar egter nog geen teken van hul oorskot gevind nie.

Pastoor Jonathan Dreyer het Manual, Matinka en Booysens se families sowel as die gemeenskap bemoedig met ’n boodskap uit Markus 4 vanaf vers 35. Dié deel handel oor vissers wat met Jesus op die boot in ’n storm vasgekeer was.

“Soms in die lewe kom daar storms op ons pad. Gee dit vir God en maak Hom die kaptein,” was Dreyer se boodskap.

Matinka, Manual en Booysen is beskryf as hardwerkende mans wat hul lewe gewaag het om vir hul gesinne te sorg.

“Ons as gemeenskap het ’n goeie crew verloor, maar hul families het ’n pa, ’n seun en ’n man verloor. Colin was die kaptein en hy het elke oggend sy Bybel gelees voor hy uit die huis is, so sy manne was in goeie hande. Ek glo hulle is nou by die Here,” het Anthony Fransman in sy huldeblyk gesê.

Die families en vriende het na afloop van die kerkdiens in Hawston se hawe, bekend as Die Baai, byeengekom. Bright Stars-orkes van Grabouw het in die agtergrond musiek gespeel om tot die stemming van die verrigtinge by te dra.

Familielede van die vissers het op ’n rubberboot uitgegaan om kranse op die see te lê en ander het blomme in die vlak water van die baai gegooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.