Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak asb ’n plan met die hofgebou

Suid-Afrikaners is sat vir misdaad, ook hier in die Overstrand. Gewoonlik gee mense uiting aan hul frustrasie met ’n aandrang dat die doodstraf heringestel moet word of dat misdadigers op sig geskiet moet word. Die owerheid reageer dan gewoonlik met ’n holrug-versekering dat “sigbare polisiëring” die antwoord is.

Die sleutel om misdaad in bedwang te kry, is ’n strafregstel wat van begin tot einde glad werk: ’n polisiediens wat sake deeglik ondersoek en volledige dossiere opstel, tot howe wat oortreders vinnig en doeltreffend verhoor en toepaslik vonnis.

Daar is geen kortpaaie nie. Misdadigers dink twee keer wanneer dit duidelik word dat hulle gevang en gestraf sal word.

Landdroshowe is ’n deurslaggewende skakel in hierdie ketting.

Dit is hier waar “kleiner” sake aangehoor word. En word hierdie kleiner misdade ongestraf gelaat, lei dit amper noodwendig tot groter misdade deur sindikate (soos wel gebeur het met destyds se kleinskaalse perlemoen-stropery wat ontaard het in onbeheerste smokkelary deur internasionale sindikate).

Klagtes oor die stand van sake met die “beton en bakstene” van Hermanus se landdroshof is nie nuut nie.

Die gebou lyk slordig van buite en dit het nie die geriewe om aangeklaagdes behoorlik te hanteer nie.

Onlangs is van die voorsittende beamptes in gevaar gestel weens gebrekkige veiligheidsmaatreëls.

Die verskonings hiervoor is ook oorbekend: die gebou is die departement van openbare werke se verantwoorde-likheid, die departement van justisie moet al die ander dinge doen of goedkeur.

Skaakmat vir die dorp, sy mense en sy regsplegers.

Hierdie stand van sake is onaan-vaarbaar.

Die volgende stap sou ’n regstreekse vertoë – met ’n sperdatum – deur die Overstrand-munisipaliteit aan die departement justisie wees.

En as hulle nié reageer nie, regstappe (hoe ironies) deur die munisipaliteit om die hofgebou op peil te kry sodat ons hofpersoneel veilig en sonder vrees hul belangrike rol te kan speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.