Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man (78) beseer in betoging op N2

’n Man (78 jaar oud) is na die hospitaal in Caledon gebring nadat hy beseer is toe betogers die vragmotor waarin hy gery het, met klippe bestook het.

Teen laatmiddag op Maandag was die N2 steeds gesluit nadat betogings by Grabouw opgevlam het. Volgens die polisie is daar “sporadiese klipgooiery” op die N2 by Grabouw, met kinders van 12 tot 14 jaar oud wat daarvan verdink word.

Sowat 800 mense het in die oggend Ou Kaapseweg naby die dagsentrum versper.

Rommel is op die pad gestrooi en aan die brand gesteek. Strate in die gemeenskap is ook versper.

Chris Nissen van die menseregte­kommissie en ’n verteenwoordiger van die provinsiale departement van gesondheid het die middag met die gemeenskapsleiers vergader om ’n memorandum van eise te ontvang.

Sowat 300 betogers het laatmiddag buite die ou verkeersdepartement vergader om terugvoering te ontvang ná ’n vergadering met polisielede.

Nomafrench Mbombo, minister van gesondheid, het 17:00 ook opgedaag om self die memorandum van gemeen­skaps­lede te ontvang.

Die gemeenskapslede eis glo 24 uur gesondheidsdienste en nie net ’n dagsentrum nie. Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het teen 16:15 gesê niemand is in hegtenis geneem nie. Die man in die vragmotor was op pad na sy werk toe die voertuig die oggend in Ou Kaapseweg met klippe bestook is, sê Van Wyk. Hy is na die Caledon-hospitaal gebring.

Mbombo sou aanvanklik Donderdag met inwoners van Grabouw vergader het om ’n verbeteringsplan vir dienslewering voor te lê.

Dit volg ná dae van betogings in die gebied oor die lewering van gesond­heidsd­ienste. - Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.