Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man in hof ná verkragting

’n Man van Hawston het Maandag op twee aanklagte van verkragting en een van aanranding in die Hermanus-landdroshof verskyn.

Dit spruit uit ’n voorval wat tussen Woensdag 18 en Donderdag 19 Maart in Hawston gebeur het. Kapt. Fadila September, woord­voerder van die Hermanus-polisie, sê slegs een verdagte was betrokke. “Die verdagte het na bewering die slagoffer se huis betree en homself aan haar opgedwing. Geen wapen is in die voorval gebruik nie, die ver­dag­te het egter na bewering die slagof­fer met sy oop hand geklap,” berig sy. Die 40-jarige het nie enige ander uitwendige beserings opgedoen nie.

“Die verdagte het ná die beweerde verkragting die slagoffer se huis verlaat en sy het die voorval by die polisie aangemeld,” aldus September.

Die verdagte (34) is Vrydag 20 Maart in hegtenis geneem en het Maandag 23 Maart op twee aanklagte van verkragting en een van aanranding in die hof verskyn. Die saak is tot 30 Maart uitgestel om die verdagte se inligting rakende sy borgtog-profiel te kry.

Hy sal tot dan aangehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.