SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Moenie vir hierdie ‘karwagte’ val nie

Motoriste wat van parkering in die middedorp gebruik maak, word deesdae deur opportunistiese “karwagte” geteiken.

Dié slenter het volgens inwoners nou posgevat omdat daar geen permanente parkeerbeamptes meer in die middedorp is nie. Boodskappe deur plaaslike inwoners het die rondtes onlangs op sosiale media gemaak.

Cape Whale Coast-toerisme het aan die gastehuise in Hermanus gevra om hulle gaste te waarsku teen hierdie “karwagte.” Hierdie sogenaamde “karwagte” vra motoriste tot R50 per uur vir parkering.

’n Interne munisipale vergadering oor die situasie het Woensdag 27 November plaasgevind waar die spesifikasies vir die parkeerbestuurstelsel gefinaliseer is. Teen druktyd was die uitkoms van die vergadering nog nie bekend nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.