Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motorfietsongeluk eis senior OM-amptenaar

’n Senior beampte van die Overstrand-munisipaliteit is Sondagoggend in ’n motorfietsongeluk dood.

Mike Bartman, adjunkdirekteur van die gemeenskapsdienstedirektoraat, was Sondag 4 Augustus in vermoedelik die vroeë oggendure in ’n ongeluk op die R44 buite Kleinmond betrokke.

Geen ander voertuie was blykbaar by die ongeluk betrokke nie.

AO Martin Mostert, woordvoerder van die Kleinmond-polisie, sê niemand was van die ongeluk bewus totdat ’n lid van die publiek die polisie later gebel het nie.

“ ’n Lid van die publiek het die polisie Sondag omstreeks 10:00 gebel en gesê hy het ’n valhelm langs die pad sien lê.

’n Motorfietsryer se liggaam is by nadere ondersoek gevind,” het Mostert verduidelik. Hy het ook bevestig dat die oorledene se familie die polisie vroeër die oggend gekontak het om navraag te doen aangesien hulle bekommerd was omdat hy nie die vorige aand huis toe gekom het nie.

Die ongeluk het vermoedelik Sondag in die vroeë oggendure gebeur.

“Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag om die omstandighede rakende die ongeluk te bepaal,” het Mostert gesê.

Die Overstrand-munisipaliteit het sy medelye met Bartman se vrou en kinders in ’n Facebook-plasing uitgespreek. Die plasing lees: “Mike se heengaan is ’n groot verlies vir die Overstrand-munisipaliteit. Ons innige medelye aan Susan en die kinders.”

Begrafnisreëlings was teen druktyd nog onbekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.