Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onderburgemeester vra vir gereelde patrollies by skool

’n Openbare vergadering is verlede Donderdag by Kleinmond Primêre Skool gehou om beweerde rassisme in die skool ná ’n bakleiery tussen twee leerders te ondersoek.

Archie Klaas, Overberg-distriksmunisipaliteit se onderburgemeester, was die voorsitter van die vergadering en raadslede uit die Kleinmond- en Bettysbaai-omgewing, onder wie Fanie Krige, Charmaine Resandt en Grant Cohan, was ook teenwoordig.

“Geen leerders was by die vergadering nie,” het Klaas bevestig. “Ons hou die leerders uit sodat ons as grootmense saam kan praat en saam besluite kan maak.”

AantygingsPetrus Afrika, ’n lid van die skool se beheerliggaam en voorsitter van die skool se tugkomitee, het genoem dat aantygings gemaak is dat die skoolhoof, Roderick Brikkels, sekere sake by die skool rassisties hanteer.

“Van die ouers het versoek dat hy (Brikkels) dadelik geskors moet word, maar ons het eers ’n proses wat ons tesame met die Wes-Kaapse departement van onderwys in werking moet sit. Ons sal die aantygings op ’n wetlike manier moet ondersoek,” sê hy.

Hy het verder die ouers aangeraai om ook betrokke te raak en as hulle self probleme met Brikkels ondervind het of dink hy is onskuldig, moet hulle ’n brief aan die skool se adjunkhoof met hul menings rig.

“Ons kort skrywes wat saam ingedien kan word sodat die proses aan die gang kan kom. Ons wil die ouers ook net in kennis stel dat die proses vry en regverdig sal geskied.”

Klaas het genoem dat Kleinmond ’n diverse gemeenskap is en die skool leerders het wat Xhosa as eerste taal praat en leerders wat Afrikaans as eerste taal praat.

“Die tale is albei uniek en bring ook sekere uitdagings wat met taal verband hou, na vore. Die beheerliggaam van die skool moet ons bystaan om seker te maak dat die situasie nie in ’n protes verander nie,” sê Klaas.

Veiligheid van leerders Veiligheid is ’n teer punt vir Klaas omdat leerders by Kleinmond Primêr soms betrokke raak in gevegte waarin messe gebruik word.

“Sekere tye baklei Xhosa-leerders met mekaar en ander tye baklei Afrikaanssprekende leerders met mekaar, maar dis wanneer die Xhosa- en Afrikaanse leerders baklei dat die moeilikheid ontstaan. Sodra die leerders baklei, raak hul ouers ook betrokke en dan is dit ’n rasseding. Ons sal moet begin met ’n bemiddelingsproses waar almal saam kan praat, want ons weet daar is altyd twee kante. Ons moet soek vir die middeweg,” beklemtoon Klaas.

“Brikkels moet ook tyd gegun word om terugvoering van sy eie kant te gee. Ons sal eers ’n ondersoek doen.”

Verder het Klaas voorgestel dat die polisie gereeld patrollies en soektogte by die skool hou om gevaarlike wapens te vind. “Dit is belangrik dat die polisie ook inskakel, want ons almal is bekommerd. ’n Kind is amper met ’n mes by die skool gesteek. Ons almal wonder oor hoe veilig ons kinders is, en dis waarom die polisie moet inspring.”

Met die eksamen wat voor die deur lê, wil Klaas nie hê leerders moet skool misloop nie. “Ons wil onder geen omstandighede hê eksamens moet onderbreek word nie. Ons leerders het die reg om eksamen te skryf en ek wil hulle daardie reg gee.”Klaas het aan die ouers verduidelik hy sal terugvoering verskaf ná 20 September, maar eers moet al die prosesse hul beloop neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.