Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onderrig ‘meer as net les gee’

Beskryf jouself. Waar kom jy vandaan, hoe oud is jy en waar het jou onderwysloopbaan begin?
Ek is Lincoln S.J. Wildschut en is gebore en getoë in Kraaifontein. Ek is 50 jaar oud, getroud en het twee kinders. Ek het aan Scottsville Sekondêr matrikuleer waarna ek my onderwysgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf het. My loopbaan in die onderwys het in 1992 by Vredendal Sekondêr begin. Ek is in 1999 na Vredendal-Noord Primêr as departementshoof waarna ek ook die adjunkhoof van dieselfde skool was.

Hoe het jy van die pos by Mount Pleasant Primêr gehoor en hoekom het jy daarvoor aansoek gedoen?
Ek het die advertensie vir die pos in die vakaturelys gesien en aansoek gedoen omdat ek glo ek die nodige vaardighede het om ’n skool te kan lei. Ek voel ek kan en het nog so baie om die onderwys te bied. Ek gee baie om vir kinders en wil graag hê ons moet ons leerders/kinders die maksimum geleenthede tot ’n beter toekoms bied.

Wat beoog jy om met die skool te doen? Ek sal die skool graag wil ontwikkel tot ’n instelling waar enige ouer hul kind vir gehalte-onderrig sal wil inskryf en dat dit in ’n veilige omgewing geskied.

Sal die gemeenskap asook jou kollegas en leerders ’n sigbare verskil ná jou aan­stelling kan sien?
Ek glo daar sal ’n sigbare verskil by die skool wees, veral ten opsigte van die voorkoms binne die geboue, vir eers. Ouers en die gemeenskap moet die skool besoek en self kom kyk.

Hoe ervaar jy die onderwys?
Die onderwys het baie uitdagings wanneer dit by dissipline, ouerbetrokkenheid, onderrig­metodes en tegnologie kom en dit kan soms oorweldigend word, maar ek glo dat ek op my Skepper moet vertrou om my te help om op die taak voor hande gefokus te bly om leerders op te voed – iets wat soveel meer behels as om net les te gee. Ek het ’n positiewe benadering tot die lewe en uitdagings en dit is hoe ek uitdagings aanpak.

Hoe vind jy Mount Pleasant en Hermanus?
Dit is tot nou ’n aangename plek met vriendelike mense wat bereid is om te help. Ek geniet die weer baie aangesien dit baie matig hier is wat die temperatuur betref.

Waarmee verwyl jy jou vrye tyd?
Ek hou baie van braai en is ook lief om kos te maak. Houtwerk en tuinwerk is twee van my passies, maar ek kry nie altyd die tyd uit my besige skedule om ’n oomblik of twee daaraan te bestee nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.