Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onse eie Walvisfees bied ná New York ‘talle ander goeters’

Ná besoeke aan die wêreldbekende Museum of Modern Art en die Metropolitan Museum of Art in New York verlede maand het ek meer beeldhouwerke in twee dae as in my hele lewe voorheen gesien.

Net toe ek min of meer van dié skok herstel het, loop ek Saterdag by die Walvisfees ewe onskuldig op Gearing’s Point rond en ontdek waar stukke opgefrommelde draad nog laas oral op die rotslyste uitgestal is, nou ander goeters pryk.

Een is ’n reghoekige stuk yster met ’n groot gat in die middel wat ’n mens aan ’n enorme haaikaak sonder die tande herinner.

Ek loer daardeur in die hoop dat dit ’n soort walvis-opspoorder kan wees, maar die blou water van Walkerbaai bly doodstil aan die ander kant lê. Eers kyk ek rond of iemand my nie sien nie en tik dan liggies aan die beeld.

Ja, dit is gelukkig eg – suiwer, geroeste yster.

’n Entjie op en nader aan die krans word my oë deur ’n ewe ontroerende beeld begroet – die kop en skouers van ’n man wat met sy rug na jou staan, maar bo-op sy kop pryk ’n pragtige mus wat Skotse rugbyondersteuners gewoonlik dra, met ’n klossie en al

bo-op.

bo-op.

My oë moes my bedrieg het, want by nadere ondersoek sien ek die “mus” is eintlik twee plat klippe wat die man op sy bleskop balanseer, plus ’n ronde derde klip wat vir my van ’n afstand af soos die klos van ’n Skotse mus gelyk het.

Ek kry skoon hoofpyn.

Steeds in gedagte stap ek aan en loop my skielik vas in iemand in ’n oorgroot wit kinderkostuum. Wil hy vir my ’n gratis suiglekkertjie aanbied? O nee, dis al die tyd ’n goedkoop beeld van ’n soort Walt Disney-strokiesprentkarakter.

Ek beur maar voort.

Look Mummy, a man standing on his hands,” hoor ek ’n seuntjie agter my sê. Sowaar, voor ons verrys ’n sierlike bronsbeeld van ’n man wat op sy hande staan. Die spiere op sy arms, skouers en bors bult soos in werke van Rodin – nog vars in my geheue.

Die bobeenspiere vat egter die koek – enorme hompe waarop selfs Jonah Lomu trots sou wees, as hy nog geleef het.

Die kunswerk is so lewensgetrou dat ’n waarskuwing daarby mense vra om asseblief nie aan die beeld te raak nie. Ek staan summier een tree terug ingeval ek op die ruwe terrein struikel en per ongeluk teen die beeld val.

Iemand in ’n groepie feesgangers vra sy vriende om hom langs die beeld af te neem terwyl hy klaar sy arms in die lug steek vir die houding wat hy vir sy foto in gedagte het.

Hy klim op die basis van die beeld, sy rug na die beeld gekeer, maar verloor sy balans en gryp die beeld van agter vas om nie af te val nie.

Die deel wat hy kies om aan vas te klou is helaas die beeld se ewe gespierde private dele wat gelukkig vir al die toeskouers in ’n onderbroek verberg is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.