Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oorskot ná jare

Die geraamte van ’n onbekende man is verlede week op ’n rivieroewer in Pringlebaai gevind.

Adjudantoffisier Martin Mostert, woordvoerder vir Kleinmond-polisie, berig die eienaar van die kleinhoewe het die gruvonds Vrydag 4 Mei gemaak.

“Die vermoede bestaan die persoon het selfmoord gepleeg aangesien ’n tou aan ’n boom regoor die geraamte gehang het.

“Van die oorledene se klere wat erg verweer is, is ook by die toneel gevind,” aldus Mostert.

“Die blyk of die lyk ongeveer agt tot 10 jaar daar gelê het. Daar is ook bevestig die oorskot is dié van ’n man. Forensiese toetse sal gedoen word om die ras te bepaal. ’n Geregtelike doodsondersoek sal ook ingestel word,” verduidelik Mostert.

Volgens hom sal sodra die ras bepaal is, daar na mense gekyk word wat as vermis aangemeld was en die families van die vermiste mense gaan gekontak word sodat DNS-toetse gedoen kan word om die identiteit vas te stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.