Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Perlemoen dwarsdeur

– Vervolg van bladsy 1.

Die reusepot, industriële sowel as gewone kombuisskale, groot gasbottels en ’n gasstoof wat gebruik is om die perlemoen te kook voordat dit gedroog word, is in die leefruimte van die huis gevind. Twee van die drie slaapkamers is ingerig met droograkke, verwarmers en waaiers om die perlemoen te droog.

Twee mans – ’n Chinees (32) en Zimbabwiër (21) – is op die toneel in hegtenis geneem. Die owerhede het ook beslag gelê op altesaam 4 287 vars eenhede sowel as 11 498 gedroogde perlemoene wat binne-in die huis gevind is.

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar beslag gelê is op 526,1 kg gedroogde en 644 kg nat perlemoen met ’n geskatte straatwaarde van R3 944 327.

Die verdagtes sal na verwagting op Donderdag 8 Augustus op aanklagte van die bedryf van ’n perlemoenverwerkingsaanleg sonder die nodige permit en die onwettige besit van perlemoen in die Hermanus-landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.