Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pluimpie vir Times

Hermanus Times is gekies as een van slegs drie finaliste in die kategorie Lees vir die beste gemeenskaps- of plaaslike koerant vir vanjaar se ATKV-Mediaveertjies.

Die ATKV se Mediaveertjies gaan oor die bekroning van uitstaande werk in die Afrikaanse mediawêreld.

Die ander finaliste is Hermanus Times se susterskoerant, Eikestadnuus, en Bloemnuus.

Daleen Fouché, redakteur van Hermanus Times, sê dit is ’n groot eer om as finalis aangewys te word.

“Dit is slegs as gevolg van die harde werk, toewyding en vasberadenheid van die redaksiespan dat ons puik koerante in hierdie uitdagende tye vir die gedrukte media kan produseer.

“Dankie ook vir die ondersteuning van ons ontvangs- en advertensiespanne, waarsonder dit natuurlik glad nie moontlik sou wees nie.”

Die wenners van die ATKV-Mediaveertjies word Vrydag 10 Mei in Johannesburg by ’n glansgeselligheid aangekondig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.