Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Poskantoor in die duister

Elektrisiteit by Riviersonderend se poskantoor is weens agterstallige huurgeld afgeskakel.

Volgens Fredrik Visser, eienaar van dié gebou, is die elektrisiteit Woensdag 7 Oktober weer aangeskakel sodat bejaardes hul Sassa-toelae kan ontvang, “maar die elektrisiteit sal weer afgeskakel word totdat die poskantoor al sy agterstallige geld betaal het.”

Volgens Johan Kruger, ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, is die Riviersonderend- poskantoor se huur met drie maande agterstallig.

Kruger sê die rede daarvoor is dat die poskantoor ná die lang inperkingstyd ernstige kontantvloei­probleme ondervind en net die Sassa-uitbetal­ings toegelaat is, maar geen ander transaksies nie.

“Die Poskantoor is besig om planne te beraam om die agterstand soveel as moontlik uit te wis.”

Volgens Kruger is die Riviersonderend-poskantoor weer oop ná onderhan­delings met die eienaar van die gebou en hy is op ’n prioriteitslys van krediteurs wat so gou as moontlik betaal moet word. “In hierdie stadium is dit nie moontlik om te bevestig presies wanneer al die agterstallige huur betaal sal word nie.”

Kruger voeg by die poskantoor beplan om sy finansiële verpligtinge na te kom en die tak in Riviersonderend oop te hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.