Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Richard was lewenslustig en ‘bigger than life’

Richard Wharton is op 17 Februarie 1953 in Engeland as een van ’n tweeling gebore. Sy ouers het met hom en sy boetie na Knysna geëmigreer toe die seuns slegs vier jaar oud was. Hy het egter sy tweelingbroer reeds op 13-jarige ouderdom aan die dood afgestaan.

Richard het op 16 Junie 1995 trou aan sy vrou, Rose, beloof en hulle was 23 jaar en 4 maande getroud voordat hy gesterf het.

Hy het in die 70’s ’n klein kafeetjie in Stellenbosch begin wat hy Richard’s genoem het. Díe kafee is meestal deur studente gebruik en het tot 03:00 oopgebly vir ingeval studente iets nodig sou kry. Richard het ook ’n prys gewen as die beste Coca-Cola-verkoper vir die kleinste oppervlak (kafee-omtrek) in Suid-Afrika.

Daarna het hy die kafee in die laat 80’s verkoop en Finley’s, ’n “Wine and Malt bar” geopen. Hy het ook ’n sportkroeg geopen wat Red Line geheet het. Richard het al twee ondernemings verkoop en die Houw Hoek Inn gekoop waar hy vir drie jaar die eienaar was.

In die vroeë 90’s het hy na Hermanus verhuis waar hy ’n groothandelaaronderneming gekoop het wat sigarette aan die hele Overberg verskaf het. Richard het verlede jaar in Maart uit die sakewêreld getree en het kort ná sy aftrede begin siek word.

Maagkanker is in Mei vanjaar by hom gediagnoseer en hy is Saterdag 27 Oktober op 65-jarige ouderdom oorlede.

Sy vrou en almal wat hom ken onthou hom as ’n lewenslustige en “bigger than life”-tipe mens.

“Hy was baie loud. ’n Harde en groot stem het stil geword,” sê Rose. “Richard was gek oor gholf en om te kuier,” vertel sy verder. “Hy was ’n harde man, maar het die kleinste hartjie gehad. Die huis is stil sonder hom,” sê sy.

Richard laat ’n groot leemte agter en word oorleef deur sy vrou, Rose, en hul kinders.

Q 17 Februarie 1953 - 27 Oktober 2018

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.