Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rugbykaptein vertel van Covid-stryd

HERMANUS - Die kaptein van Hawston Skrik vir Niks is ’n paar weke gelede positief vir Covid-19 getoets.

Brendon Hunter (27) vertel al kon hy in sak en as gaan lê het, het hy die tyd in afsondering gebruik om hom ’n sterker mens in sy geloof te maak.

“Ek het agtergekom iets is fout toe ek vir twee dae niks meer kon ruik of proe nie. My neus was ook ’n bietjie toe, maar verder het ek geen ander simptome gehad nie. Die eerste sewe dae was ek in self-afsondering omdat iemand by my werk positief getoets is, waarna ek myself ook laat toets het,” sê Hunter.

Hy werk vir Wetstoepassing in die Overstrand en is al langer as 21 dae in sy kamer waar hy geen kontak met sy gesin, familielede of vriende mag hê nie.

“Ek was in die begin baie hartseer oor wat met my gebeur het. Ek is nou al drie weke by die huis. Die eerste twee weke was die moeilikste omdat ek die hele tyd net in my kamer was. Maar ná ’n ruk toe besef ek dat als met ’n rede gebeur en ek moet sterk staan en die Bybel lees. Dalk was dit ’n manier vir die Here gewees om my nader aan Hom te trek,” sê Hunter.

Hy sê tydens die lang tye in sy kamer het hy introspeksie gedoen en vir homself nuwe doelwitte vir sy lewe gestel.

“Ek is op die oomblik baie positief oor die lewe en ek het so te sê Covid-19 oorwin en baie sterker hieruit gekom. My tyd in self-afsondering is amper verby, dan kan ek weer gaan werk. Ek moes vir die 21 dae ingevolge protokol van die werk af wegbly. Ek sien uit daarna om weer rugby te begin oefen ook,” sê hy.

Hunter sê wat hom in dié moeilike tyd deurgedra het, was suurlemoen-water en vitamien C- en sink-aanvullings wat sy ma hom elke dag laat drink het.

“Ek gee nie om as mense weet ek was positief nie. Covid-19 is iets wat my lewe in iets beter verander het. Ek glo steeds God gee sy moeilikste gevegte vir sy sterkste soldate,” sluit Hunter af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.