Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seuns wat fiets deel sterf enkele ure ná mekaar

’n Dorp is in rou gedompel nadat twee seuns van Bereaville, wat saam op ’n fiets gery het, Maandag in ’n gru-ongeluk dood is.

Adjudantoffisier David Beyers, die waarnemende stasie­bevelvoerder van die Genadendal-polisie, het bevestig dat die twee glo ’n fiets gedeel en vermoe­delik voor ’n aankomende bakkie ingeswaai het.

“Die twee seuns het glo uit die rigting van Bereaville gekom toe hulle voor ’n bakkie, wat van Helderstroom se rigting gekom het, ingeswaai het.”

Beyers sê die vrou wat die bakkie bestuur het, was op pad winkels toe om aflewerings te doen toe die ongeluk gebeur het.

“Die een seun, Jaydee Pitcher (11), het op die toneel aan sy wonde beswyk terwyl die ander seun, Keano Pietersen, ’n gr. 9-leerder, per ambulans na Caledon-hospitaal vervoer is. Hy het egter later aan sy beserings beswyk.”

Beyers sê hy het omstreeks 18:00 die hospitaal gebel om navraag te doen, maar volgens die hospitaalsuster het dinge maar sleg gelyk.

“Skuins na 19:00 het ek weer gebel en is in kennis gestel dat die seun gesterf het.”

Beyers het bygevoeg dat die ouers op die toneel was en kennis gedra het van die voorval.

“ ’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek, maar in hierdie stadium word geen misdaad vermoed nie,” het Beyers gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.