Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skenk kouse vir goeie doel

Hermanus Times vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar.

Nie net hou dié gemeenskapskoerant inwoners op hoogte van die jongste nuus nie, maar die Hermanus Times-span stap ook die ekstra myl vir hulle lesers.

Die span is gereeld betrokke by gemeenskapsprojekte soos om Paaseiers by verskeie kleuterskole uit te deel of om by sopkombuise betrokke te raak.

“Hierdie jaar wil ons ’n sokkie-projek van stapel stuur. Dus daag ons ander sakeondernemings uit om grys skoolkouse bymekaar te maak en by ons kantoor te kom inhandig,” het Olivia Dickson, uitgewer van Overberg Media, gesê.

Volgens Olivia het hulle die behoefte geïdentifiseer nadat hulle in winter­maande skoolfoto’s geneem en gesien het dat van die leerders glad nie kouse dra nie.

“By verdere ondersoek het ons uitgevind dat van die kinders glad nie eens kouse het om te dra nie. Dit is skokkend,” het sy gesê.

Hermanus Times gaan ’n boks in sy voorportaal plaas waar inwoners en sakeondernemings kouse kan skenk, wat dan weer aan leerders versprei gaan word. “Dit hoef nie net kouse te wees nie – skoolskoene is ook welkom.”

Vir nog inligting skakel 028 312 3717 of kom skenk kouse en skoene by Aberdeenstraat 1, Hermanus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.