Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoot eis sy lewe

Die polisie in Kleinmond ondersoek ’n voorval waarin ’n man Maandagoggend noodlottig gewond is toe sy jaggeweer afgegaan het.

Adjudant-offisier Martin Mostert, woordvoerder vir die Kleinmond-polisie, sê geen vuilspel word vermoed nie.

“Die oorledene was volgens verslae besig om sy vuurwapens uit die kluis te haal toe die voorval omstreeks 04:30 plaasgevind het.

“Hy het na bewering sy kluis se sleutels verloor en toe ’n slypmasjien (grinder) gebruik om die kluis oop te maak. Terwyl hy besig was om die .303-hoëkaliber-jaggeweer uit die kluis te haal, het die skoot afgegaan en hom getref,” het Mostert verduidelik.

Steyn Basson sê sy skoonpa, David Brink, het vermoedelik die jaggeweer in die donker uit die sak probeer haal toe die skoot afgegaan het.

“Dit is baie tragies. Hulle het in Maart van Senekal na Kleinmond getrek waar hulle sou aftree. My skoonpa wou die gewere op pad na Robertson by ’n handelaar in Worcester ingee aangesien hy bang was iemand kon dit steel.”

Hoërskool Robertson, waar Brink vir minder as ’n maand as tydelike onderwyser werksaam was, het op sy Facebook-blad hulde gebring aan dié onderwyser wat beskryf is as ’n man wat in ’n kort tydperk diep spore in leerders se lewe getrap het.

Die inskrywing lees: “Op 7 Mei 2018 is die personeel en leerders van Hoërskool Robertson geskok deur die tragiese heengaan van ’n geliefde kollega en onderwyser, David Brink. Alhoewel hy slegs vanaf 10 April in ’n tydelike hoedanigheid by ons aangesluit het, het hy reeds diep spore in leerders en kollegas se harte getrap. Ons dra sy vrou, kinders en die familie in ons gebede en sal mnr. Brink onthou vir sy deeglikheid en deernisvolle omgaan met leerders en kollegas. Ons sal hom mis – sy stoel is leeg.”

Steyn het Brink beskryf as ’n baie nederige man wat lig in ’n vertrek gebring het, baie toegewyd was aan sy familie en altyd ander se welstand voor sy eie gestel het.

Brink word oorleef deur sy vrou, Riana, twee dogters, Marli en Erané, skoonseuns Steyn en Keenan en vier kleinkinders – Milan, Inge, Stian en Brink.

.’n Gedenkdiens word vandag (Donderdag) in Wellington gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.