Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skote klap in Hawston; niemand nog aangekeer nie

Drie skietvoorvalle is Saterdag 20 Oktober uit Hawston aangemeld.

In die eerste voorval omstreeks 18:15 was die klaer op pad na sy huis toe ’n swart motor met vier verdagtes die klaer nader.

“Een van die verdagtes het met die klaer se vriend gestry en die klaer is in die arm en bors gesteek,” sê Kaptein Fadila September, woordvoerder vir Hermanus-polisie.

Terwyl die klaer en díe se vriend weggehardloop het, het hulle skote gehoor maar niemand is getref nie.

“’n Klag van poging tot moord is geopen, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Slegs ’n uur later is verskeie skote op ’n groep mans in Morning Dew-straat afgevuur. “’n Klag van poging tot moord word ondersoek,” sê September.

In die derde voorval om 19:30 het iemand skote in die lug asook een skoot in ’n klaer se rigting geskiet.

“Twee verdagtes, 33 en 29 jaar oud, is in verband met dié voorval in hegtenis geneem.” September sê ’n klag van poging tot moord en die afvuur van ’n vuurwapen in ’n munisipale gebied is geopen.

“Die 33-jarige verdagte het ook ’n klag van poging tot moord teen die klaer gelê. Niemand is in verband met die teenklag in hegtenis geneem nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.