Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slaagsyfer op met 15%

Hawston Sekondêr spog hierdie jaar met ’n matriekslaagsyfer van 80% – ’n verbetering van 15% op die vorige jaar se uitslae.

Die waarnemende skoolhoof, Norman Philander, sê dié verbetering het as ’n baie welkome verrassing gekom. Hy is van mening dat dié prestasie te danke is aan die onder­wy­sers en leerders se toewyding en groter betrokkenheid van die leerders se ouers.

“Wat vir my uitstaan,” sê Philander, “is die feit dat 27 leerders universiteitsvrystelling behaal het. Dit dui daarop dat daar ’n besliste verbetering in die gehalte van die uitslae is. Iewers het ons iets reg gedoen. Niks verhoed ons nou om ons mikpunt na 90% te skuif nie.”

Hawston Sekondêr se vyf toppresteerders is Edwin Fortuin met ’n gemiddelde van 72%, Tamia van Niekerk (71,7%), Kaede Gardiner (68,3%), Mihlali Saula (66%) en Aden Faroa (65,6).

Fortuin het ’n onderskeiding (84%) in toerisme behaal. Philander sê hy is besonder trots op Fortuin se prestasie aangesien dié jong man pligsgetrou gebly het ten spyte daarvan dat hy elke dag 30 minute na en van die bushalte moes stap.

Daar was luide applous toe Philander aangekondig het dat Fortuin die toppresteerder is. Fortuin self was oorbluf toe hy dit hoor.

“Ek het dit glad nie verwag nie. Ek is die eerste een in my familie wat matriek geslaag het,” het hy trots bygevoeg.

Dié jong man droom nou daarvan om stadsbeplanning te studeer. “Ek hou van kleins af daarvan om dorpe agterin my boek te teken en uit te werk hoe alles in mekaar pas,” vertel hy glimlaggend.

Raadslid Arnie Afrika was ook daar om die skool met sy matriekslaagsyfer geluk te wens.

“As ’n skool goed vaar, vaar die gemeenskap goed. Daarom wil ek ’n beroep op die gemeenskap van Hawston doen om die skool in sy geheel te ondersteun,” het hy bygevoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.