Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sopkombuis hou partytjie

Vier jaar gelede het Lucy Esau R100 van haar pensioengeld gevat en ’n sopkombuis vir minderbevoorregte kinders in haar woonbuurt begin.

“Ek het opgemerk hoe kinders saans laat alleen in die strate rondloop. Eers het ek vir hulle sommer kos uit my eie kombuis gegee, toe het ek besluit om R100 van my pensioen te vat en sop te kook,” vertel die 69-jarige Lucy.

Vandag voed sy weekliks meer as 30 kinders met behulp van skenkings van Pick n Pay Hermanus.

“Met behulp van PnP se skenkings het ons so gegroei dat ek nou vir van die behoeftige volwassenes ook op ’n Donderdag kospakkies kan gee sodat hulle vir hul gesin kan kosmaak,” sê Lucy. “Dis vir my ’n voorreg om dit te doen, want ek ken van swaarkry, ek weet hoe dit voel om honger te ly en nie eens ’n ekstra stuk klere te hê nie.”

Die vrou met die groot hart het verlede week 69 geword en in plaas van partytjie hou, het sy besluit om die kinders van die buurt te bederf.

PnP Hermanus het deur skenkings vir Lucy, alombekend in die gemeenskap as Aunty Lucy, gehelp om die groot groep kinders te bederf. Daar is behoorlik partytjie gehou met ballonne, roomys, kolwyntjies, vrugte, koeldrank en bakkies kos.

Die kinders het geduldig in ’n ry gestaan en hul beurt afgewag. Candice Martin, PnP Hermanus se kliëntediensbestuurder, en ander PnP- personeellede, het verseker dat almal iets lekkers kry.

Aunty Lucy verhuur rokke en pakke vir spesiale geleenthede soos troues om ’n ekstra inkomste te verdien. Sy gebruik van dié geld vir die sopkombuis.

Enigiemand wat Aunty Lucy met haar projek kan help of rokke of pakke vir spesiale geleenthede soos troues wil huur, kan haar by 073 996 5489 skakel. Skenkings kan ook by haar huis by Jakarandastraat 35, Mount Pleasant, afgelaai word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.