Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spreker laat mense wonder oor taal

“Die wording en huidige agteruit­gang van Afrikaans.”

Dít was die onderwerp van Tom McLachlan, bekende taalpraktisyn van Hermanus, by die Hermanus Afrikaanse Kultuur- en Ontspanningsklub (HAKOK) se vergadering 1 Mei.

Hy het onder meer sy spyt uitgespreek dat die groot bydrae van die bruin gemeenskap tot die ontwikkeling van Afrikaans eers later erken is. Vandag word dit as ’n belangrike taalvariëteit beskou wat grootliks tot die taalskat bydra. Elke taal het verskillende variëteite wat tot die stam bydra – in dié geval Standaardafrikaans.

Dit is bekend dat die Khoi en San vóór Jan van Riebeeck se koms reeds ’n soort oer-Afrikaans gebruik het om met die bemanning van die skepe wat die Kaap aangedoen het te kommunikeer. Vroeg is die taal Afrikanisch, Laag Hollands en Boere Afrikaans genoem. Die eerste gedrukte Afrikaans was waarskynlik in ’n Arabiese geskrif, waar woorde na Afrikaans geklink het, maar anders gelyk het.

Met die stigting in 1875 van die Genootskap van Regte Afrikaners was die hoofdoel om Afrikaners te oortuig dat hul wel ’n eie taal het. Die opeenvolgende grondwette sedert 1910 het elkeen aan Afrikaans as een van die ampstale erkenning gegee. Ook die Grondwet van 1996 bepaal dat amptelike dokumente in minstens twee amptelike tale beskikbaar moet wees.

Dit word toenemend geïgnoreer ten gunste van Engels, volgens McLachlan. Selfs Afrikaans­sprekendes verwaarloos dikwels hul taal en deurspek dit met Engelse woorde en anglisismes soos: “Jouself ophou met iets, huidiglik, uitmis, besluite maak, Afrikaanse songs, opeindig, aanvat, ek doen en ek lief dit”. Toenemend lyk dit of mens Engels moet ken om Afrikaans te verstaan, meen McLachlan.

Die uitsluiting van Afrikaans op universiteite en skole lei tot verdere ondergang. Die vraag is of dit bloot as ’n gegewe aanvaar sal word.

Die volgende HAKOK-byeenkoms is 5 Junie wanneer prof. Jonathan Jansen, bekende akademikus en politieke kommentator, die moontlike toekoms van ons sogenaamde “elite universiteite” sal bespreek.

Belangstellendes kan vir Marietta du Toit by 082 5696967 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.