Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stroperbote gekonfiskeer

Altesaam ses rubberbote wat vermoedelik deur perlemoenstropers gebruik is, is Vrydag 9 Augustus in Pearly Beach deur wetstoepassings-beamptes van die Overstrand-munisipaliteit gekonfiskeer.

’n Ooggetuie van die voorval wat om veiligheidsredes anoniem wil bly, het gesê daar was omtrent nege rubberbote in die see langs die kus van die gewilde strandoord, waarvan ses later gekonfiskeer is.

Niemand is in hegtenis geneem nie en geen perlemoen is sover vasgestel kon word, teruggevind nie.

Stropery van perlemoen het die afgelope week weer in die gebied hoogty gevier met tot soveel as 150 stropers wat op ’n keer die kusgebied geteiken het.

“Wetstoepassingsowerhede is skynbaar magteloos om die oormag stropers te stuit. Dit is die ou storie – die stropers kom ten volle toegerus in hul duikpakke, met hul duik-tenks op die rug op bote wat deur trekkers gesleep word na die kusgebied. Dit sluit gebiede soos Duikersfontein naby Kleinbaai, Danger Point en Bloubaai in Pearly Beach in,” sê Leo van Dyk, sekretaris van die omgewingsdrukgroep Community Against Abalone Poaching (CAAP).

“Ons is baie bly dat daar heelwat inhegtenisnemings, konfiskering van perlemoen en beslaglegging op toerusting is, soos die operasie van Vrydag getuig. Die probleem is egter die geweldige toename in die aantal stropers met gesofistikeerde toerusting. Hulle is daarby baie astrant en skynbaar nie skrikkerig vir die wetstoepassers nie. Dis asof die wetteloosheid net by die dag eskaleer.

“Ons probeer al meer as drie jaar om die owerhede te kry om op volhoubare wyse teen die stropers op te tree, maar daar gebeur feitlik niks. Buiten sporadiese optrede deur wetstoepassers van verskillende agentskappe, gebeur hier nie veel om hulle deurlopend vas te vat nie. Die stropers weet dit en maak net soos hulle wil. Hulle weet byvoorbeeld dat wetstoepassers van die departement van seevisserye nie oortyd betaal word nie en dus nie wil werk nie. Wat is dan nou makliker as om te wag totdat hulle van diens af is – dan kan hulle ongehinderd hul misdadigheid voortsit,” sê Van Dyk.

“Ons sien ook uit na die bekendstelling van die verslag van die ombudsman van die Wes-Kaapse polisie oor die bevoegdheid van SAPD-lede in die Overstrand.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.