Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sy musiekvideo ’n groot eer’

HERMANUS – Die trotse Suid-Afrikaner Werner Loots het van kleins af ’n liefde vir musiek gehad.

Sy musiekpad het in die laerskool begin waar hy in die koor gesing het. Werner vertel sy passie vir musiek het so gegroei dat hy verder op hoërskool en universiteit gesing het.

“Ek het ook in ’n stadium aan die X Factor UKdeelgeneem. My hele lewe lank het ek ’n passie vir musiek en sang gehad en dit is vir my wonderlik om dit nou te kan uitleef.”

Werner het onlangs sy nuwe lied “Suid-Afrika” bekend gestel en vertel die inspirasie vir die lied het hom getref nadat hy en sy gesin vyf jaar in Londen gewoon het.

“Ek het bloot my land gemis. Dit was vir my ook ’n vorm van terapie om te begin skryf oor hoe ek my land mis. Die liedjie gaan oor hoe wonderlik ons land is en wat op elke Suid-Afrikaner se hart is oor hul liefde vir die land.”

Die musiekvideo vir die lied is tydens die inperking in Mei gemaak. Volgens Werner moes hy skeppend begin dink aan hoe hy beeldmateriaal gaan kry wat alles uitbeeld wat hy sing.

“Dit het alles vinnig bymekaargekom met die hulp van mense wat my gehelp het om die beeldmateriaal te skep.”

Die musiekvideo “Suid-Afrika” het die eerste keer op kykNET verskyn, wat ’n groot eer vir Werner is.

“Om my video op kykNET te hê, beteken vir my baie, want dit is blootstelling aan baie Suid-Afrikaners wat aanklank by hierdie liedjie sal vind. Dit is ’n deurbraak vir my en ek glo dit sal nog baie deure vir my oopmaak.”

Werner sê hy het groot drome en planne vir sy sangloopbaan.

“Ek wil definitief aanhou om musiek te maak, liedjies te skryf en op te tree. Ek wil aanhou om my musiekpassie uit te leef en dit te gebruik as ’n middel om ander te inspireer en hoop te bring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.