Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Times kraai koning by Mediaveertjies

Die ATKV-Mediaveertjie vir Beste Gemeenskapskoerant is vanjaar deur Hermanus Times voor ander aanspraakmakers landwyd opgeraap.

Mediaveertjies word jaarliks toegeken aan uitblinkers in die Afrikaanse mediabedryf.

Volgens die beoordelaars bestaan Hermanus Times uit goed versorgde, gebalanseerde inhoud wat nuus van die omgewing omvattend dek.

“Die uitleg is netjies en eenvoudig – tussen die hope kleurryke advertensies is dit noodsaaklik.

“Talle onderwerpe kom onder die loep: plaaslike politiek, inwoners se wel en wee, gebeure in die omgewing (dagboek), kunsresensies, motornuus, ’n kosrubriek, ’n oorsig oor die dorp se geskiedenis, sport, ensovoorts.

“ ’n Unieke element wat veral die oog vang, is die Kortom-rubriek wat as spreekbuis vir die gemeenskap dien,” het een van die beoordelaars gesê.

Hermanus Times se uitgewer, Olivia Dickson, sê sy is baie trots op die span wat week ná week die ekstra myl loop om die koerant uit te bring.

“Ons almal werk hard om net die beste nuus vir die gemeenskap te bring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.