Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitlander verkool

Die bestuurder van ’n Volkswagen Amarok het Sondag op die Karwyderskraal-pad beheer oor sy voertuig verloor en daarna doodgebrand. Hy was ’n burger van België en in sy veertigs.

Kenny Africa, provinsiale verkeers­hoof, sê die ongeluk het omstreeks 17:00 plaasgevind.

Die motor het aan die brand geslaan en die persoon is verkool.

“Die persoon was in die voertuig vasgekeer.”

Kapt. Fadiela September, woordvoer­der van Hermanus-polisie, het by navraag bevestig die voorval het op 29 Julie plaasgevind. “Daar word beweer dat die voertuig aan die kant van die pad was en toe begin brand.

“Daar is geen tekens van roekelose bestuur nie.” Die familie is gekontak en sal berading ontvang. Die saak word tans ondersoek.


. Volgens kapt. September is ’n saak van strafbare manslag geopen en enigiemand met inligting kan sers. Mhlolo Mjonose by 028 313 7024 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.