Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Van Aspoestertjie tot blosende bruid

Dit klink soos ’n sprokie.

Die paartjie het 18 jaar gelede ontmoet toe Jackie al die pad van Mitchells Plain na haar seun, wat in pleegsorg in Hermanus was, kom soek het. Sy het haar seun nie dadelik gevind nie, maar haar paaie het in dié tyd met Warren Brikkels gekruis.

“Hy het gesê ek kan by hom slaap, want ek het nêrens gehad om te gaan nie. Ek was senuweeagtig om by ’n vreemde man te oornag en het sommer ’n klomp wyn gedrink. Warren was ’n gentleman. Hy het sy baadjie oor my gegooi en het nie een keer aan my gevat nie tot dinge vanself gebeur het,” onthou Jackie.

Nadat sy vir tien jaar in wind en weer saam met Warren op straat gebly het, het Jackie se lewe op 13 September 2010 drasties verander. Dié merkwaardige vrou het in die hospitaal beland toe ’n ander hawelose haar met ’n blok sement gegooi het.

“Die pyn was ondraaglik. Ek het gebid en vir die Here gesê ek sal nooit weer drink as hy die pyn verlig nie. Ewe skielik het my hele liggaam warm geword en die pyn was draaglik,” onthou Jackie.

Met die hulp van die Live the Life-gemeente het Jackie blyplek in Mount Pleasant gekry. Hoewel haar lewensomstandighede verbeter het, het sy deur ’n moeilike tyd gegaan omdat Warren steeds alkohol misbruik het.

“Hy het baie gedrink tot ek een dag gesê het ek gaan nie meer vir hom bid nie. Ek dink dit het hom groot laat skrik,” het sy vertel.

Kort daarna het Warren self besluit om op te hou drink en ’n werk gekry.

“Hy is nou stoorman en het verlede jaar vir hom ’n kar gekoop,” het Jackie trots gespog.

Sy het intussen ook haar seun opgespoor en haar verhouding met hom opgebou. Sy is ook ’n kleinseun ryker.

Nou sien Jackie uit na haar toekoms saam met Warren.

“Nou live ons happily ever after, net soos in die sprokiesverhale.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.