Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Van hout tot biowiskunde

Michael Hoefnagel, oorspronklik van Nederland, het na Hermanus verhuis toe hy nog ’n kleuter was.

Hoefnagel het as skrynwerker in ’n fabriek in Soutrivier, Kaapstad, gewerk waar hy die meeste van sy vrye tyd deurgebring het om wiskundige probleme te skep en meganika en fisika te leer en te ondersoek. “Selfs toe het ek nooit opgegee nie en ná ’n jaar by die fabriek het ek die geleentheid gekry om te studeer en my ouers was finansieel sterk genoeg en gereed vir die finansiële las van my opleiding.”

Hoefnagel sê toegepaste wiskunde en fisika fassineer hom. “Ek was geïnteresseerd om te weet hoe ’n yskas en enjin en baie vreemde dinge werk.”

In sy eerste jaar aan die US het hy sy hoofvak na rekenaarwetenskap verander nadat hy ’n kursus in programmering geloop het. Hy beskryf dit as die beste ding wat hy ooit in sy akademiese loopbaan gedoen het.

Hy het die meeste van sy navorsing vir sy meesterstesis in Italië gedoen en ná goeie resensies oor die aanbieding van sy navorsing in België is sy meesterstesis na ’n doktorale proefskrif opgegradeer.

Hoefnagel het dieselfde jaar ook ’n onderrigkursus in biowiskunde gevolg, en daarna vyf maande onderrigervaring opgedoen.

Ná afloop van sy navorsing het hy as tydelike dosent in biowiskunde begin toe ’n pos by die fakulteit natuurwetenskappe beskikbaar geraak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Hermanus Times Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.